# Sonke Gender Justice waarsku kerke daarteen om bewerings van seksuele mishandeling te verdoesel ten einde hul reputasies te beskerm. Die organisasie sê bewerings van misdrywe deur godsdiensleiers moet by die polisie aangemeld word en nie slegs deur die kerke self hanteer word nie. Hy doen ook ‘n beroep op duidelike beleide om mishandeling te […]
# Die DA doen ‘n beroep op die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, om ‘n forensiese ondersoek na die Stad Tshwane se kontrakte vir watertenkwaens in te stel. Die party het gevra vir ‘n ondersoek na die besteding van 777-miljoen-rand aan watertenkwaens gedurende die 2024/2025-boekjaar, met verwysing na beweerde onreëlmatighede in die verkrygingsproses. Die DA […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê die Wagyu-beesvleisbedryf kan werk skep, beleggings lok en uitvoere laat groei. Hy het gepraat by die opening van die 2026 Wêreld Wagyu-konferensie in Stellenbosch, wat internasionale boere, wetenskaplikes en bedryfsleiers bymekaargebring het. Volgens Meyer kan belegging in teeltegnologie en volhoubare boerdery Suid-Afrikaanse […]
# Die ANC sê hy steun nie staatsbeheer oor kerke nie en glo godsdiens-instellings moet vry bly om hul eie sake binne die raamwerk van die Grondwet te bestuur. Die party het reageer op kommer wat uitgespreek is deur die South African Church Defenders, wat beplan om te betoog teen voorgestelde regulering van kerke deur […]
# AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies […]
# Rugby: Suid-Afrikaanse spanne vestig nou hul aandag op die Kampioenebeker en die Uitdaagbeker, waarin hulle in die verlede nie veel sukses behaal het nie. Die Stormers, die Bulle en die Leeus neem aan die Kampioenebeker deel, en die Haaie en Cheetahs aan die Uitdaagbeker. Die Stormers speel teen die Engelse klub Bristol Bears in […]
# Die GOOD-party sê die voorgestelde verkoop van Annandale-plaas naby Dunoon in Kaapstad moet opgeskort word terwyl die Departement van Menslike Nedersettings die saak ondersoek. Minister Thembi Simelane het die Stad Kaapstad versoek om die verkoop uit te stel totdat haar departement sy beoordeling voltooi het. Brett Herron van GOOD sê die party het vrae […]
# Die Wes-Kaapse regering sê goeie vordering word gemaak met ‘n projek van 74-miljoen-rand om vloedskade aan die Sewe Passe-pad naby George en ander paaie in die omgewing, insluitend Wittedrif naby Plettenbergbaai, te herstel. Die werk behels die vervanging van beskadigde dreineringspype en spoelbrûe, en die verbetering van dreinering. Na verwagting sal die projek teen […]
# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Evan Roos speel Saterdag in Kaapstad sy eerste kragmeting van die seisoen vir die Stormers in die Kampioenebekerwedstryd teen Bristol Bears van Engeland. Hy keer terug ná ‘n agterkniesening-besering en vervang die beseerde Hacjivah Dayimani in die nommer-agt-trui. Die tuisspan spog met ‘n splinternuwe voorry in die beginspan, bestaande uit Vernon […]