# State-owned freight and logistics company Transnet says it is taking firm action over alleged procurement irregularities at its Richards Bay port terminal. A whistleblower report involving two tenders prompted an internal and external investigation, resulting in the precautionary suspension of an unnamed executive. Transnet says further investigations and disciplinary processes are continuing, alongside law-enforcement […]
# Rugby: Die Springbokke het hul nommer-een-plek op die Wêreldrugby-ranglys verloor nadat hulle gister ‘n nederlaag van 33-16 teen die All Blacks opEllispark gely het. Nieu-Seeland het ‘n verstommende vertoning in die tweede helfte gelewer na ‘n rustyd-agterstand van 13-12, en vier drieë aangeteken. Die uitslag gee die All Blacks nie net die vroeë voordeel […]
# ANC-president Cyril Ramaphosa het gewaarsku teen nepotisme en partydigheid in munisipale tenderprosesse. Ramaphosa het tydens ‘n ANC-geleentheid in Johannesburg vir die aankondiging van sy burgemeesterskandidate, gesê tenders moet op meriete toegeken word en nie op grond van persoonlike verbintenisse nie. Ramaphosa het ANC-verteenwoordigers aangespoor om eerlikheid, integriteit en aanspreeklikheid te handhaaf, terwyl openbare fondse […]
# Die ANC-sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, sê die party het die keuringsproses vir sy burgemeesterskandidate vir openbare benoemings oopgestel om deursigtigheid te verbeter. Die party stel later vandag sy verkiesingsmanifes vir die plaaslike regeringsverkiesing bekend. Mbalula sê ses nominasiestrome is geskep, insluitend takke, gemeenskappe, alliansievennote, ligas en selfbenoemings. Hy sê 532 name is aanvanklik oorweeg, kandidate […]
# Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê sy land sal van 8 September af tariewe hef op die invoer van Amerikaanse staal, elektronika en ander produkte as vergelding vir president Donald Trump se 50 persent-tariewe wat gisteraand om middernag in werking getree het. Na dae van spannende onderhandelinge kon die twee lande laat Vrydag […]
# Die amptelike begrafnisdiens vir voormalige wêreldbokskampioen in twee afdelings, Zolani “Last Born” Tete, sal volgende Saterdag by die KuGompo Stadsaal in Mdantsane, Oos-Kaap, gehou word. ‘n Gedenkdiens word vir Woensdag by dieselfde lokaal beplan. Tete is Vrydag buite sy huis doodgeskiet. Die polisie het sedertdien twee mense van onderskeidelik 22 en 30 jaar oud, […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê die provinsialisering van Noodmediese Dienste in vyf munisipaliteite is nodig ingevolge die Nasionale Gesondheidswet, om ambulansdienste in lyn te bring met ‘n enkel-owerheid-model. Die departement sê hy monitor reaksietye terwyl koördinering, personeel- en versendingstelsels versterk word. Intussen sê die departement se woordvoerder, Steve Mabona, die Stad Johannesburg se hersiene aansoek […]
# Canadian prime minister Mark Carney says his country would impose tariffs starting September 8 on imports of US steel, electronics and other products in retaliation for President Donald Trump’s 50-percent tariffs that took effect at midnight last night. After days of intense negotiations, the two countries did not reach a trade deal late Friday, worsening […]
# Minstens 16 mense is dood en meer as 130 gewond toe verskeie Russiese hommeltuie ‘n winkelsentrum in sentraal-Oekraïne getref het. President Volodymir Zelensky het ‘n reaksie belowe op wat hy ‘n “barbaarse daad” noem. Streekgoewerneur Oleksandr Hanzha sê daar was 22 kinders onder die gewondes in die aanval laat Vrydag op die stad Kryvyi […]