# Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke vra dringende optrede om vroue te beskerm na die ontdekking van agt vermoorde vroue aan die Gautengse Oos-rand oor ‘n tydperk van twee maande. Hoofsekretaris, eerwaarde Mzwandile Molo, het aan die SABC gesê die sterfgevalle in Kemptonpark, Olifantsfontein en Springs het vrees en woede ontketen. Hy dring aan op […]
# Die voormalige Filippynse president, Rodrigo Duterte, het die eerste keer in 18 maande voor die Internasionale Strafhof in Den Haag verskyn. Die 81-jarige staan tereg op aanklagte van misdade teen die mensdom wat verband hou met sy veldtog teen dwelms, waartydens duisende mense volgens aanklaers moontlik dood is. Sy regsverteenwoordigers voer aan dat kognitiewe […]
# Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, het sy vierde belofte in Rocklands, Mitchells Plain gemaak, as deel van die DA se veldtog vir die plaaslike regeringsverkiesing, naamlik om te verseker noodsaaklike dienste bly betroubaar en bekostigbaar. Hy sê die party het in sy vorige termyn vier keer meer rioolpype vervang en tot 100-kilometer per jaar […]
# Betogings vind in verskeie lande plaas namate skerp stygings in brandstofpryse lewenskoste verder opjaag. Betogings is reeds in Sirië, Guatemala, Portugal, Frankryk en die Filippyne aangemeld terwyl die oorlog tussen Amerika en Iran wêreldwye energievoorrade ontwrig. Oliepryse het tot heelwat meer as 100-dollar per vat gestyg, wat vervoerkoste en huishoudelike uitgawes raak. Betogers in […]
# Rugby: Die Springbok-haker Marnus van der Merwe gaan sy debuut vir die Ierse span Munster maak in ‘n voorseisoen-wedstryd teen Leicester Tigers in Cork. Hy het gedurende die buiteseisoen by die Walliese span Scarlets aangesluit, maar ‘n kuitbesering het hom buite aksie gelaat. Van der Merwe het vir die Cheetahs gespeel voordat hy oorsee […]
# Tennis: Die Amerikaanse Ope se mans-finaliste Alexander Zverev en Ben Shelton, is weer onmiddellik in aksie tydens die Davisbeker-kwalifiseringswedstryde. Die kampioen, Zverev, lei dié naweek Duitsland se kragmeting met Kroasië in Halle, terwyl Shelton hoop om Amerika te help om die Tsjeggiese Republiek in Praag te klop. Amerika sal sonder Taylor Fritz en Tommy […]
# Die Suid-Afrikaanse Kamer van Handel en Nywerheid sê handelsomstandighede het in Julie en Augustus effens verbeter, maar bly uitdagend. SACCI meld dat sy aanwysers vir huidige toestande herstel het van 35 in Junie tot 42 in Augustus. Die kamer se uitvoerende hoof, Alan Mukoki, waarsku dat stygende ru-oliepryse sake-insetkoste kan verhoog en besteding kan […]
# Die KwaZulu-Natalse polisie ondersoek ‘n moordsaak nadat ‘n onbekende vrou se liggaam op ‘n vullisterrein in Copeville, Pietermaritzburg, gevind is. Haar hande was agter haar rug vasgebind en die polisie sê sy het vermoedelik brandwonde opgedoen. Vullisherwinnaars het op die liggaam afgekom. Die polisie vra inwoners om te help om die moordenaars op te […]
# Die DA in Gauteng sê bome en takke wat die Hartbeesspruit in Tshwane versper, skep ‘n veiligheidsgevaar vir eiendomme op sy oewers. Die DA-lid, Leanne de Jager, sê die opgehoopte puin versper die natuurlike vloei van die water, wat veroorsaak dat die spruit van sy normale vloei afwyk en die oewers wegkalf. Sy sê […]