# Die Adjunkpresident en voorsitter van die Justisie-Misdaadvoorkomings- en Veiligheidsgroepering, Paul Mashatile, veroordeel die onlangse moorde op vroue in en om Kemptonpark in Gauteng. Mashatile het by president Cyril Ramaphosa aangesluit in solidariteit met die vroue en inwoners van Kemptonpark en omliggende gebiede. Hy sê geslagsgeweld hoort nie in gemeenskappe nie, en mans moet aan […]
# Namibië wil sy ontluikende groenwaterstofbedryf met Suid-Afrika se nywerheids- en energiewaardekettings verbind. Die waarnemende hoof van die Namibiese Groenwaterstofprogram, Joseph Mukendwa, sê sterker streeksamewerking is noodsaaklik om markte te ontwikkel, beleggings te lok en die vraag na groen produkte te skep. Mukendwa het tydens die Afrika-beraad oor groen waterstof in Kaapstad aan The Namibian […]
# Die Wêreldlughaweraad, wat meer as twee-duisend-200 lughawens verteenwoordig, vra ‘n wêreldwye hersiening van lughawens se stelsel vir die toewysing van lughawe-plekke wat landings en opstygings reguleer. Die raad sê die stelsel, wat meer as 50 jaar gelede ontwikkel is, voldoen nie meer aan die vereistes van moderne lugvaart nie. Hy waarsku dat die aantal […]
# Die Gautengse Polisie ondersoek nou die dood van sewe vroue in Ekurhuleni, Gauteng. Dit volg op die bevestiging dat ‘n vrou wie se liggaam op 7 September in ‘n stroom in Clayville naby die Tembisa Mall gevind is, by die ondersoek ingesluit sal word. Die waarnemende provinsiale kommissaris van Polisie, Fred Kekana, sê forensiese […]
# Die vakbond Solidariteit sê vordering is gemaak met die oplossing van vertragings in die uitreiking van die Rooiseëlambagsertifikate aan ambagslui. Belanghebbendes het ooreengekom oor stappe om die agterstand uit te wis en die sertifiseringsproses te verbeter. Die samesprekings volg op die vakbond se regsoptrede namens 87 ambagslui wie se sertifikate vertraag is. Stef Pretorius […]
# Atletiek: Die Wêreldkampioenskap gaan in 2029 die eerste keer in Afrika gehou word wanneer dit in die Keniaanse hoofstad, Nairobi, aangebied word. Wêreldatletiek het 2031 se byeenkoms aan München in Duitsland toegeken. Nairobi het in 2017 die Wêreld-onder-18-byeenkoms aangebied en vier jaar later die Onder-20-kampioenskap, maar sy bod teen Tokio in Japan verloor vir […]
# Die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, sê Suid-Afrika moet onderskeid tref tussen ambisie en die werklike implementering in sy groenwaterstofprogram. Tydens sy voordrag by die Africa Green Hydrogen Summit in Kaapstad het Ramokgopa beklemtoon prioriteitstatus beteken nie ‘n projek is reeds in aanbou nie. Hy sê insluiting by die National Green Hydrogen […]
# Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, sê hy wag steeds vir ‘n ondersoekbeampte om aangewys te word nadat hy ‘n saak geopen het oor die voormalige polisiehond Sky. Cameron sê Sky het ernstige beserings opgedoen in die Roodeplaat-dierehospitaal in Pretoria en is verlede week van kant gemaak. Hy vra […]
# Die Stad Kaapstad sê hy het ongeveer 75-miljoen-rand bestee aan die herstel en vervanging van elektrisiteitsinfrastruktuur wat tydens die 2025/2026-boekjaar deur diefstal en vandalisme beskadig is. Die lid van die burgemeesterskomitee vir Energie, Xanthea Limberg, sê die geld kon gebruik gewees het om die elektrisiteitsnetwerk op te gradeer en uit te brei. Limberg sê […]