# Krieket: Die aanvangskolwer Aiden Markram se alleenstryd was tevergeefs en Australië het die eerste toets teen die Proteas in Durban met 214 lopies gewen. Suid-Afrika het op die laaste dag op 102 vir vier hervat onderweg na ‘n onmoontlike teiken van 422. Markram is uiteindelik vir 75 uitgevang en die Proteas vir 206 uitgeboul. […]
# Mynbouproduksie het volgens Statistiek Suid-Afrika in Augustus met 12,7-persent gedaal. Die afname word hoofsaaklik toegeskryf aan swakker produksie van platinum-groepmetale, steenkool en ystererts. Mineraalverkope was ook onder druk en het met 15,1-persent afgeneem vergeleke met Augustus verlede jaar. Goudverkope het met bykans 49-persent teruggesak. Juan-Pierre Terblanche van Statistiek Suid-Afrika sê mynbouproduksie het in die […]
# Standard Bank het die volle skuldbefondsing van nege-miljard-rand verseker om die Gautrein-stelsel die volgende 15-jaar te vernuwe. Die belegging sal bestuur word deur Sihamba Sonke Mobility, wat verlede maand die bedryf en instandhouding oorgeneem het. Die plan sluit in die opknapping van 24 treine, agt nuwe treine, die opknapping van stasies en sinjaal-stelsels en […]
# ‘n Sesjarige meisie is in ‘n bedenklike toestand nadat sy vanoggend verskeie kere gesteek is in ‘n skool vir kinders met spesiale behoeftes in Umhlali aan KwaZulu-Natal se noordkus. Sy is onder gevorderde lewensondersteuning na ‘n gespesialiseerde mediese gerief geneem. Die polisie sê ‘n tiener-verdagte wat na bewering ‘n voormalige leerder is, het toegang […]
# Motorsport: South Africa was pipped to the post by Rwanda as Formula One announced the country will in the early 2030s host the first Grand Prix in Africa since the 1993 South African race at Kyalami in Johannesburg. F1 announced a brand-new FIA Grade 1 circuit will be constructed in Bugesera, near the new […]
# Suid-Afrikaners gaan die feestyd hoër reiskoste ondervind en Investec se hoofekonoom, Annabel Bishop, waarsku brandstofpryse sal tot volgende jaar hoog bly. Sy het aan CapeTalk gesê die petrolprys het vanjaar van 20- tot 30-rand per liter gestyg, terwyl diesel van 17-rand tot 31-rand geklim het en volgende maand tot 34-rand kan styg. Bishop sê […]
# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-afrigter Jake White is bevestig as Fidji se hoofafrigter wat die span van die Stille Oseaan-eiland na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië sal lei. Die 62-jarige, wat die Bokke in 2007 na Wêreldbeker-triomf gelei het, het ook spanne soos die Brumbies, die Haaie en Montpellier afgerig. Die voorsitter […]
# Die Wes-Kaapse regering bied van vandag tot Donderdag gratis voertuigveiligheidstoetse vir leerdervervoer- en openbare vervoer-voertuie aan as deel van Mobiliteitsmaand. Dit vind van agt-uur soggens tot drie-uur namiddag by die Gene Louw-verkeerskollege en deelnemende toetssentrums plaas. Die hoofdirekteur, Maxine Bezuidenhout, sê gekwalifiseerde beamptes sal bande, remme, ligte en die onderstel nagaan en motoriste voorsien […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare het 2026 se matrieks sterkte toegewens. Die eindeksamen het vandag begin. Woordvoerder Claude Naicker erken leerders, onderwysers en ouers se toewyding oor 12 jaar van voorbereiding. Hy moedig matrieks aan om die eksamen met selfvertroue aan te pak. maar sê een eksamen bepaal nie hulle waarde of toekoms nie. Naicker […]