# Die GOOD-party sê die voorgestelde verkoop van Annandale-plaas naby Dunoon in Kaapstad moet opgeskort word terwyl die Departement van Menslike Nedersettings die saak ondersoek. Minister Thembi Simelane het die Stad Kaapstad versoek om die verkoop uit te stel totdat haar departement sy beoordeling voltooi het. Brett Herron van GOOD sê die party het vrae […]
# Die Wes-Kaapse regering sê goeie vordering word gemaak met ‘n projek van 74-miljoen-rand om vloedskade aan die Sewe Passe-pad naby George en ander paaie in die omgewing, insluitend Wittedrif naby Plettenbergbaai, te herstel. Die werk behels die vervanging van beskadigde dreineringspype en spoelbrûe, en die verbetering van dreinering. Na verwagting sal die projek teen […]
# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Evan Roos speel Saterdag in Kaapstad sy eerste kragmeting van die seisoen vir die Stormers in die Kampioenebekerwedstryd teen Bristol Bears van Engeland. Hy keer terug ná ‘n agterkniesening-besering en vervang die beseerde Hacjivah Dayimani in die nommer-agt-trui. Die tuisspan spog met ‘n splinternuwe voorry in die beginspan, bestaande uit Vernon […]
# Die voormalige burgemeester van Knysna, Thando Matika, en twee senior munisipale amptenare is vandag borgtog van 20-duisend-rand elk toegestaan in ‘n korrupsiesaak. Matika, die waarnemende munisipale bestuurder, Boy Manqoba Ngubo, en die waarnemende finansiële hoof, Busisiwe Lubelwana, het vandag in die Landdroshof in Knysna verskyn. Hulle staan tereg op aanklagte van korrupsie, afpersing en […]
# Olimpiese Spele: Cindy Hook sal die tuig as uitvoerende hoof van Brisbane se reëlingskomitee vir die Spele van 2032 neerlê. Daar word wêreldwyd na ‘n opvolger gesoek met Hook se kontrak van vier jaar wat aan die einde van hierdie jaar verstryk. Die komitee se president, Andrew Liveris, sê sy het die grondslag vir […]
# Suid-Afrika het die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Elektriese Mobiliteit gestig om die land se groeiende elektriese voertuigsektor te verteenwoordig. Die vereniging bring verbruikers, kleinhandelaars en laai-infrastruktuurverskaffers bymekaar om die regering te betrek oor beleid en regulasies. By sy bekendstelling het die vereniging ‘n vennootskapsooreenkoms met die Noorweegse Electric Vehicle Association onderteken om kundigheid uit te […]
# Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard-rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs het ná uitbetalings 75-miljard-rand in hulle […]
# Mastercard vra regerings en ondernemings in Afrika om kuberveiligheid te verskerp namate digitale betalings en aanlyn inkopies toeneem. ‘n Verslag van Mastercard toon Afrika se digitale betalingsekonomie kan teen 2030 ‘n waarde van 24,8-duisend-miljard-rand bereik. Die verslag toon kuberaanvalle het tussen 2016 en 2025 met meer as 421-persent toegeneem. Shabir Ahmed van Mastercard sê […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê ambulanse wat by noodmediese basisse geparkeer staan, beteken nie noodwendig hul is stukkend of onbenut nie. Die departement sê een van die basisse beskik oor 33 voertuie, waaronder 22 noodambulanse, vyf intensiewesorg-ambulanse en ses wat vir die vervoer van pasiënte gebruik word. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, […]