# Die onafhanklike rubriekskrywer en navorser, Lehumo Sejaphala, sê Suid-Afrika moet die dieper oorsake van geslagsgeweld en vrouemoord aanpak nadat die liggame van nege vroue in Ekurhuleni, Gauteng, gevind is. Hy sê slegs strenger strawwe sal nie die geweld beëindig nie. Sejaphala sê kindertrauma, skadelike opvattings oor manlikheid, armoede, werkloosheid en negatiewe houdings oor geslagsrolle […]
# ’n Studie deur die marknavorsingsmaatskappy Ipsos het aan die lig gebring dat vervoerkoste miljoene mense van geleenthede uitsluit. Ipsos se landbestuurder, Natalie Otte, sê ongeveer 6,9 miljoen mense het werk of onderrig misgeloop omdat hulle nie vervoer kon bekostig nie. Sy waarsku in ’n onderhoud met die SABC dat brandstofpryse die probleem kan vererger, […]
# Die kwartaallikse Verbruikersvertroue-aanwyser wat gesamentlik deur FNB en die Buro vir Ekonomiese Navorsing gepubliseer word, het tot minus-13 verbeter in die derde kwartaal vanaf Julie tot September. Dis hoër as die minus-19 van die tweede kwartaal tussen April en Junie. FNB se senior ekonoom, Sphamandla Mkhwanazi, sê die verbetering weerspieël meer vertroue in huishoudelike […]
# Rugby: Die opwindende jong veelsydige agterspeler Luan Giliomee gaan na verwagting volgende maand na Pretoria verhuis nadat hy ‘n kontrak met die Bulle gesluit het. Hy is tans nog op kontrak by die Haaie. Die Bulle se afrigter, Johan Ackermann, sê dit beteken die 19-jarige Suid-Afrikaanse Onder-20-ster, wat heelagter en losskakel kan speel, sal […]
# Die minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, sê die regering brei behuisingsgeleenthede uit vir Suid-Afrikaners wat nie kwalifiseer vir tradisionele huislenings nie. Sy het op die Nasionale Behuisings-befondingskorporasie se beraad in Boksburg gesê die privaat sektor het tien-miljard-rand beskikbaar gestel. Dit sal oor vyf jaar meer as 800-duisend huishoudings help. Simelane sê die regering […]
# Sestien mense, insluitend vyf polisielede, is dood en meer as 50 beseer in ‘n ontploffing in ‘n moskee in Noordwes-Pakistan. Die ontploffing het tydens Vrydag-gebede plaasgevind naby ‘n polisieterrein in Kohat. ‘n Voertuig vol plofstof was vermoedelik by die aanval betrokke, hoewel die oorsaak nog nie amptelik bevestig is nie. Reddingspanne deursoek steeds die […]
# Die regsverteenwoordiger van Victor Majola, wat aangekla word van beplanning van die moord op Warrick “DJ Warras” Stock, het hom weens onbetaalde gelde onttrek. Advokaat Piet du Plessis het aan die Hooggeregshof in Johannesburg gesê dat sy firma nie die nodige finansiële steun het om voort te gaan om Majola te verteenwoordig nie. Majola […]
# Meer as 111 miljoen Russe stem die volgende drie dae in die land se eerste parlementêre verkiesing sedert sy volskaalse inval in Oekraïne in 2022. President Vladimir Putin hou dit voor as ‘n toets vir steun vir die oorlog, en daar word verwag dat die Verenigde Rusland-party sy oorheersende posisie sal behou. Die Poolse […]
# Die United Democratic Movement gaan die Verkiesingshof nader oor die weglating van sy wyksraadkandidate in die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap. Die party se adjunkpresident, Nqabayomzi Kwankwa, sê hofstukke sal volgende week ingedien word om die Verkiesingskommissie se besluit te betwis nadat van sy kandidate nie op die finale lyste verskyn nie. Hy sê […]