# Suid-Afrikaanse motoriste kan volgende maand onderwerp word aan verdere brandstofprysstygings, hoewel die jongste ramings laer is as wat aanvanklik gevrees is. Vroeë skattings het daarop gedui dat die prys van petrol met meer as vier-rand per liter kon styg. Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds dui egter op stygings van ongeveer een-rand-80-sent per […]
# Tennis: Die opkomende Spaanse ster Rafael Jódar is gewaarsku vir onsportiewe gedrag nadat hy ‘n baljoggie gevloek het tydens die Sjanghaise Meesterstoernooi in China. Die 20-jarige het sy humeur verloor ná hy ‘n skoot verbrou het en ‘n kragwoord gebruik toe hy ‘n handdoek vra. Skeidsregter Jimmy Pinoargote het hom gewaarsku. Jódar het beswaar […]
# Tennis: Die Franse tennisster Gaël Monfils het op 40 amptelik uitgetree na ‘n loopbaan van 22 jaar. Sy naam verskyn sedert 5 Oktober op die Internasionale Tennis-integriteitsagentskap se lys van uitgetrede spelers. Spelers wat uittree, moet ingevolge teen-opkikkerreëls minstens ses maande aan toetse onderwerp word voordat hulle na mededingende spel kan terugkeer. Monfils wou […]
# Die Wes-Kaapse regering sê sterker internasionale handelsvennootskappe is noodsaaklik om meer as 200-duisend werksgeleenthede deur verhoogde uitvoere te skep. Die provinsie se uitvoerstrategie het ten doel om teen 2035 uitvoere ter waarde van 408-miljard-rand te lewer en nog ‘n duisend aktiewe uitvoerders te lok. Tydens ‘n vergadering van die uitvoerbedryf in Kaapstad het premier […]
# Sakeliga het sy regsuitdaging teen die Wet op Eiendomspraktisyns na die Konstitusionele Hof geneem, in ‘n poging om dele van die wet se lisensievereistes te herroep. Dit volg na ’n uitspraak deur die Hooggeregshof in Pretoria wat die vereiste vir eiendomspraktisyns om swart ekonomiese bemagtigingsertifikate te verskaf ongeldig verklaar het. Anton Meijer van Sakeliga wil […]
# Rugby: ‘n Nuwe reël in die Kampioenebeker beteken ‘n aanvalsbonuspunt word slegs verdien as ‘n span drie of meer drieë meer as sy teenstander druk. Voorheen is dit toegeken vir die druk van vier of meer drieë. Die beheerliggaam hoop dit sal spanne aanmoedig om vir die volle 80 minute hoë standaarde te handhaaf. […]
# Die Gesondheidsberoepsraad van Suid-Afrika lewer mondgesondheidsdienste aan landelike gemeenskappe in Limpopo as deel van die Nasionale Mondgesondheidsmaand. Daar word verwag dat meer as 350 mondgesondheidswerkers die week honderde mense by die Vhembe TVET-kollege sal bystaan. Die program fokus op kinders en ander kwesbare groepe deur voorkomende en behandelingsdienste te lewer, terwyl bewustheid oor mondgesondheid […]
# Die Stad Kaapstad sê ‘n vennootskap met RethinkTheStink en Save a Fishie help om rioolverstoppings te voorkom en plastiekbesoedeling in riviere en die oseaan te verminder. Die “gooi dit in die asblik, moenie dit afspoel nie“-veldtog voed leerders en gemeenskappe op om deur middel van bewusmakingsprogramme op die regte manier van afval ontslae te […]
# Die aantal mense wat gewond is in ‘n mes-aanval by ‘n winkelsentrum in Incheon, Suid-Korea, het tot tien gestyg. Die polisie het ‘n 59-jarige man in hegtenis geneem. Hy het na bewering kopers op verskillende verdiepings van die gebou aangeval voor omstanders hom oorrompel het. Een slagoffer is steeds in ‘n bedenklike toestand, maar […]