# Die kredietverskaffer Prime Loans vra die regering om die reëls vir korttermynlenings te hervorm om toegang tot veilige, wettige krediet te verbeter en finansieel kwesbare verbruikers te beskerm teen onwettige geldskieters. Die onderneming sê verouderde prysbepalings, wat sedert 2015 nie wesenlik hersien is nie, maak dit vir kredietverskaffers moeilik om lenings toe te staan […]
# Die DA in Gauteng sê klasse word ontwrig in Franklin D Roosevelt Primary in Randburg, Gauteng, weens onopgeloste bewerings van finansiële wanbestuur, intimidasie en administratiewe mislukkings wat die skoolhoof en die skool se beheerliggaam betrek. Die DA-lid, Sergio Isa Dos Santos, vra die LUR vir Onderwys, Lebogang Maile, om ‘n onafhanklike ondersoek te gelas […]
# Tennis: Een van die sport se bekendste egpare se huwelik is op die rotse. Elena Svitolina van Oekraïne het aangekondig sy gaan skei van die gewilde Fransman Gaël Monfils, wat onlangs uitgetree het. Hulle is in Julie 2021 getroud en het ‘n vierjarige dogtertjie. Die 33-jarige Svitolina, nou sesde op die wêreldranglys, sê sy […]
# Frankryk se minister van Binnelandse Sake, Laurent Nuñez, erken die polisie het in sekere groot stede beheer verloor tydens onluste te midde van toenemende druk om die orde te herstel. Hy sê hulle het nie die omvang van die geweld voorsien nie, ondanks die ontplooiing van 60-duisend veiligheidsbeamptes. Meer as twee-duisend-500 mense is aangekeer […]
# Krieket: Reën veroorsaak steeds chaos in die tweede toets tussen Suid-Afrika en Australië in Gqeberha. Minder as 13 boulbeurte is gister op die eerste dag geboul, en vanoggend se spel is ook verlore weens reën en ‘n nat veld. Die Proteas was gister op 20 vir twee nadat Scott Boland die paaltjies geneem het […]
# Die DA beweer ‘n verklikker se toetse het cholera-bakterieë gevind in Bronkhorstspruit se watersuiwerings-aanleg. Woordvoerder Cilliers Brink vra Tshwane se burgemeester, Nasiphi Moya, om watergehalte-uitslae bekend te maak en sê inwoners moet weet of die water veilig is. Meer as 160 mense is glo in die hospitaal opgeneem. Brink sê die stad het voor […]
# ‘n Lid van die ‘March and March’-beweging, Wandile Nsibande, is borgtog van een-duisend-rand toegestaan, al het die Staat sy vrylating teengestaan. Die Durbanse landdros Sicelo Zuma het borgtog toegestaan, ondanks bekommernis oor openbare veiligheid, Nsibande se vorige skuldigbevinding en beweerde oortredings van sy paroolvoorwaardes. Die aanklagte hou verband met beweerde aanhitsing tot openbare geweld […]
# Rugby: Die Springbok-losskakel Jordan Hendrikse is terug ná ‘n langdurige besering en sal vandag vir die Haaie in hul openingswedstryd van die Uitdaagbeker teen Lyon in Frankryk speel. Die afrigter, JP Pietersen het ‘n span gekies wat grootliks uit reserwespelers bestaan, terwyl die meeste van sy internasionale sterre rus. Nick Hatton voer die span […]
# Elf restaurante in Suid-Australië het geskiedenis gemaak deur die eerste in Australië te word wat Michelin-sterre ontvang. Die gids word internasionaal erken vir sy graderings van restaurante. Magill Estate-restaurant in Adelaide het twee sterre ontvang, terwyl tien ander restaurante elk met een ster bekroon is. Die gids het die staat se diverse eetkultuur, wat […]