# RISE Mzansi sê korrupsie steel van behoeftiges en ontneem gemeenskappe van openbare dienste en ekonomiese groei. Volgens parlementêre inligting is 103 korrupsiesake in 2025/26 teen staatsamptenare ingebring, met die Nasionale Vervolgingsgesag wat ‘n skuldigbevindingskoers van bo 86-persent het. Die gemiddelde tyd vir afhandeling het egter van 195- tot 562 dae gestyg, met tot 962 […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n besige dag op die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York, met die oorlog tussen Iran en Oekraïne hoog op die agenda. Trump sal die vergadering toespreek voor hy met meer as 11 wêreldleiers vergader, insluitend die Britse eerste minister Andy Burnham en die Oekraïnse president […]
# Krieket: Die Engelse snelbouler Mark Wood het sy uittrede uit internasionale krieket op 36-jarige ouderdom aangekondig na verskeie beserings. Hy het in November laas vir Engeland gespeel in die eerste toets om die As teen Australië in Perth, toe hy sy knie beseer het. Wood het 119 paaltjies geneem in 38 toetse sedert sy […]
# Motorsport: ‘n Suid-Afrikaanse konsortium wat Formule Een wil terugbring na die land het finansiële raadgewers aangestel terwyl die projek momentum kry. Die gewese hoof van Sibanye-Stillwater, Neal Froneman, en die mynbou-veteraan, Srinivasan Venkatakrishnan, steun die voorgestelde motorsport-kompleks van 6,7-miljard-rand in die Swartland noord van Kaapstad. Die beleggingsbank Rothschild gee raad oor F1-goedkeuring, korporatiewe vennote […]
# ‘n Leerder het buite ‘n hoërskool in die weste van Turkye losgebrand en minstens agt kinders gewond. Volgens die uitsaaier NTV was die skietery naby ‘n beroeps- en tegniese skool in Turgutlu in die provinsie Manisa. Die goewerneur se kantoor sê veiligheidsmagte het die vermeende aanvaller in hegtenis geneem. Twee van die gewondes is […]
# Vier mense is dood en ses word vermis nadat swaar reën weens tifoon Dujuan grondstortings en oorstromings veroorsaak het in die ooste van Japan. Die openbare uitsaaier, NHK, berig drie mense is dood in die distrik Chiba en nog een in die naburige Kanagawa. Reddingswerkers soek na vasgekeerdes nadat grondstortings huise naby Tokio getref […]
# Rusland het aanvalle op nywerheidspersele in suidoos- en sentraal-Oekraïne uitgevoer waarin vier mense dood en ses beseer is. Missiele, hommeltuie en artillerie het verskillende stede getref en sakegeboue en pakhuise is beskadig. Oekraïne se Lugmag sê die aanvalle is onder meer uitgevoer met vier kruiser-missiele en 212 hommeltuie. ‘n Afsonderlike Russiese aanval op ‘n […]
# Pous Leo reis Vrydag na Frankryk vir die eerste formele pouslike besoek daar in bykans 20 jaar, met die Katolieke Kerk se mishandelingskrisis as een van die kernkwessies. Die pous sal sewe slagoffers van Katolieke geestelikes ontmoet tydens ‘n private ontmoeting in Lourdes. ‘n Onafhanklike verslag van 2021 raam dat ongeveer 330-duisend kinders oor […]
# Rugby: Die Bulle se hoofafrigter, Johan Ackermann, het ‘n toergroep van 26 aangekondig vir Saterdag se Verenigde Rugby-kampioenskapswedstryd teen Zebre in Parma en volgende naweek s’n teen Munster in Ierland. Die Pretoriase span se eerste tuiswedstryd is die tiende van volgende maand teen die Leeus. Ackermann sê hulle wil dadelik op dreef kom om […]