# Rugby: Die opkomende Bulle-ster Reinhardt Ludwig het sy kontrak tot die einde van 2030 verleng. Hy het opgang gemaak na hy skool in Pretoria voltooi het, en sy veelsydigheid as flank of slot het al hoe belangriker geword sedert Ruan Nortjé aan die einde van verlede seisoen die span verlaat het. Die 24-jarige Ludwig […]
# Die Nasionale Tesourie beplan die eerste omvattende hersiening in 23 jaar van die wetgewing wat munisipale finansies reguleer. Die minister van Finansies Enoch Godongwana sê die veranderinge sal van munisipaliteite vereis om behoorlik gefinansierde begrotings te aanvaar, inkomstevordering te verbeter en aanspreeklikheid te versterk. Die wysigings sal die Tesourie ook groter bevoegdhede gee om […]
# Die regering se skuldlas is vir die eerste keer in bykans twee dekades bestendig, volgens die minister van Finansies, Enoch Godongwana, se mini-begroting. Staatskuld was in die 2025/2026-boekjaar op 78,4-persent van die bruto binnelandse produk. Die Nasionale Tesourie sê sterker belastinginvordering en laer koste om skuld te delg het bygedra dat die regering beter […]
# Rusland het ‘n afgetrede onderwyser en Amerikaanse burger Stephen Hubbard, wat langer as vier jaar in aanhouding was weens beskuldigings dat hy vir Oekraïne geveg het, vrygelaat. Die Russiese president, Vladimir Putin, het die vrylating tydens gesprekke met die Amerikaanse gesant, Steve Witkoff, in Sint Petersburg aangekondig. Die 74-jarige Hubbard is ná ‘n geslote […]
# Krieket: Suid-Afrika het Australië vir net 99 uitgeboul op die voorlaaste dag van die tweede toets in Gqeberha vir ‘n eerstebeurt-voorsprong van 326 lopies. Die snelbouler Marco Jansen het verwoesting gesaai en vyf paaltjies ingeoes. Kagiso Rabada en Wiaan Mulder het albei twee paaltjies geneem en Anrich Nortjé een. Steven Smith het Australië se […]
# Activists and Citizens Forum sê alle politieke partye in Tshwane is verantwoordelik vir die waterkrisis in Bronkhorstspruit. Woordvoerder Dennis Bloem sê besoedelde water stel lewens in gevaar, met inwoners wat nie gebottelde water kan bekostig nie en gedwing word om onveilige water te drink. Bloem sê politieke leiers maak beloftes wat nooit verwesenlik word […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, waarsku oor onluste soortgelyk aan dié in Frankryk indien die Demokrate die middeltermynverkiesing wen. Hy het tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Kansas immigrante en linksgesinde politici die skuld gegee vir die geweld in Frankryk en beweer die Demokrate wil soortgelyke chaos in Amerika veroorsaak. Trump het ‘n veldtog gevoer vir […]
# Die mynreus Anglo American het laer produksie van koper, ystererts en diamante aan in die derde kwartaal tot einde September aangeteken. Koperproduksie het met vyf-persent tot 174-duisend-900 ton gedaal, ysterertsproduksie met vier-persent en diamantproduksie met 11-persent. Die uitvoerende hoof, Duncan Wanblad, sê die onderneming is steeds op koers met sy produksieteikens vir 2026 danksy […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die regering behoort te midde van wêreldwye onsekerheid, ‘n onbestede bedrag van tien-miljard-rand te gebruik om die algemene brandstofheffing in November tydelik te verlaag. Hy sê Suid-Afrika moet ook die manier waarop brandstofpryse vasgestel word hersien, plaaslike raffinaderye versterk en minder afhanklik wees van […]