# Sokker: Real Madrid se afrigter, José Mourinho, sê die Turkse middelveldspeler Arda Guler is ‘n ongelooflike speler hoewel hy sukkel om gereeld speeltyd te kry. Hy het beïndruk sedert hy by Fenerbahce aangesluit het, maar die medediging is fel. Mourinho sê die 21-jarige beskik oor die talent om ‘n belangrike speler te word, maar […]
# Sokker: Suid-Afrika het vier klubs in die tweede ronde van die Afrika-klubkompetisie ná oorwinnings die afgelope naweek vir Orlando Pirates en Durban City. Die verdedigende Afrika-kampioene, Mamelodi Sundowns, en Kaizer Chiefs het reeds ‘n vrypas tot die tweede ronde gekry. Pirates LP, speel teen Namibië se African Stars, terwyl Sundowns in die Kampioeneliga teen […]
# Die Staat het sy saak voorlopig gesluit in Vusimuzi “Cat” Matlala en sy medebeskuldigdes se binneverhoor.. Die verrigtinge ondersoek of bewyse wat ná Musa Kekana se inhegtenisneming in April 2024 ingesamel is, in die hoofsaak toegelaat kan word. Advokaat Elize Le Roux sê die Staat het die voorlegging van sy bewyse afgehandel, en verdediging […]
# Die uitvoerende hoof van OpenAI, Sam Altman, sê die Amerikaanse president Donald Trump en die Chinese president Xi Jinping sou dalk die Nobelprys vir Vrede verdien indien hulle ‘n ooreenkoms – selfs al is dit net een bladsy lank – oor die veiligheid van kunsmatige intelligensie bereik. Altman sê samewerking tussen Washington en Beijing […]
# Sonke Gender Justice het die dood van vyf vroue wie se lyke die afgelope twee maande in die Kempton Park-omgewing gevind is, veroordeel. Vier liggame is die afgelope twee maande gevind, terwyl ‘n vyfde vrou vanoggend ontdek is. Bafana Khumalo van die organisasie sê die sterftes kan nie as geïsoleerde voorvalle hanteer word nie […]
# President Cyril Ramaphosa het die Spesiale Ondersoekeenheid se ondersoek na veiligheids- en BBP-beskermingskontrakte in die eThekwini-munisipaliteit uitgebrei. ‘n Wysiging aan Proklamasie 226 van 2024 brei die ondersoektydperk en die verkrygingsaangeleenthede uit wat ondersoek word. Die eenheid sal vasstel of die kontrakte deur regverdige, mededingende en deursigtige prosesse toegeken is, en of dit kostedoeltreffend was. […]
# Die voorsitter van die Staatsdienskommissie, professor Somadoda Fikeni, bevraagteken of onlangse onthullings by die Madlanga-kommissie daarop dui dat die staatsdiens toenemend deur persoonlike verryking eerder as openbare plig gedryf word. Fikeni het tydens die tweede professor Stan Sangweni-gedenklesing in Pretoria besin oor Sangweni se nalatenskap van etiese leierskap en verantwoordbare bestuur. Hy het bevraagteken […]
# Rise Mzansi vra die polisie om die sterftes van vyf vroue oor die afgelope twee maande in Kemptonpark, Gauteng, dringend en deursigtig te ondersoek. Die party het sy medelye met die gesinne betuig en sê die polisie en ander owerhede moet die publiek ingelig hou. Makashule Gana van Rise Mzansi vra mense om na […]
# COSATU hou sy 15de Nasionale Kongres in Midrand, Gauteng, waar afgevaardigdes die werkers se prestasies en voortgesette ekonomiese uitdagings bespreek. Die vakbondfederasie se woordvoerder, Zanele Sabela, sê werkloosheid, afdankings, sukkelende munisipaliteite, die nasionale minimum loon en die tweepot-aftreestelsel sal op die vierdaagse byeenkoms bespreek word. Afgevaardigdes sal ook debatte voer oor die herbou van […]