# Die Kremlin sê Rusland teiken nie doelbewus Europese diplomate in Oekraïne nie nadat ‘n trein met die voormalige Britse eerste minister, Boris Johnson, deur ‘n gebied gereis het wat deur ‘n Russiese hommeltuig getref is. Woordvoerder Dmitri Peskof sê Russiese magte rig hul aanvalle op militêre infrastruktuur en ontken die aanval was op diplomate […]
# ’n Suid-Afrikaanse studie verbind lugbesoedeling met ’n hoër gevaar vir longontsteking, bloedvergiftiging en breinvliesontsteking. Die studie het 59-duisend gevalle van pneumo-kokkus-siekte ontleed, wat ’n ernstige bakteriële besmetting is wat longontsteking, meningitis en bloedbesmetting kan veroorsaak. Dis gedoen deur die Wellcome Sanger-instituut, die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes en ander medewerkers. Woordvoerder Anne von Gottberg […]
# African Transformation Movement het sy burgemeesterskandidate vir Gauteng bekendgestel vir November se plaaslike regeringsverkiesing en onderneem om korrupsie, swak dienslewering en munisipale verval aan te pak. Die party het kandidate in verskeie munisipaliteite aangewys, waaronder die parlementêre leier, Vuyolwethu Zungula, vir Johannesburg, Mncedi Ndzwanana vir Tshwane en Ernest Ndaba vir Ekurhuleni. ATM se woordvoerder, […]
# Die Indiese plofstof-vervaardiger Solar Industries het ingestem om 21,8-miljard-rand kontant te betaal om die Suid-Afrikaanse landbou- en myngroep Omnia Holdings oor te neem. Omnia sê die transaksie sal help om sy mynbou- en landboubedrywighede uit te brei deur hom toe te laat om meer te belê in tegnologie, navorsing en nuwe produkte. Dit sal […]
# Die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het die parlement versoek om die vinnige verwydering van aanklaer-generaal Ruslan Kravchenko goed te keur. Kravchenko het verlede week bedank te midde van ‘n korrupsie-ondersoek waarby sy kantoor betrokke is. Hy is nie aangekla of as ‘n verdagte genoem nie, maar een van sy personeellede word beskuldig dat hy […]
# BOSA vra die polisie om dringend die ondersoek te verskerp na die dood van vyf vroue wie se liggame die afgelope twee maande in en om Kemptonpark in Gauteng gevind is. BOSA se woordvoerder, Graham Charters, sê die polisie moet sy beleid op reeksmoorde toepas en al vyf sake hersien om vas te stel […]
# Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het ‘n Geel Vlak 4-waarskuwing uitgereik vir ontwrigtende reën in dele van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap. ‘n Afsny-laagdrukstelsel sal na verwagting verspreide buie en donderbuie veroorsaak, met reën van tussen 25- en 80-millimeter. Die Weerdiens waarsku oor die moontlike oorstroming van paaie en nedersettings, die sluiting van bergpasse en brûe […]
# Owerhede het bevestig die dodetal in ‘n botsing tussen twee minibus-taxis en ‘n ander voertuig op die N1 tussen Prins Albertweg en Leeu-Gamka in die Wes-Kaap het tot 21 gestyg. Nood- en verkeersdienste is steeds op die toneel. Muneera Allie van die Departement Mobiliteit sê die N1 is steeds gesluit in albei rigtings. Sy […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, waarsku die landbousektor om nou voor te berei vir die uitwerking van El Niño. Hy sê boere, munisipaliteite en die regering moet vroegtydig optree om voortbestaan te beskerm en risiko’s te verminder. Winde sê hoewel die ergste gevolge van El Niño gewoonlik in somerreënvalgebiede gevoel word, kan die Wes-Kaap […]