# Die Climate Finance Accelerator het 43 Suid-Afrikaanse ondernemings en projekte gehelp om befondsing van 1,6-duisend-miljard rand te bekom, met nog 30-miljoen-dollar wat daarna ingesamel is. GreenCape se bestuurder van die Groen-befondsingsprogram, Lisa Johannson, het die syfers tydens ‘n beleggersbyeenkoms in Kaapstad bekend gemaak. Die Britse-gesteunde inisiatief voorsien nie regstreekse befondsing nie, maar help ondernemings […]
# ActionSA verwelkom die terugtrekking van Binnelandse Sake se riglyn oor asielaansoeke deur ongedokumenteerde immigrante wat onwettig die land binnegekom het. Die party se woordvoerder, Matthew George, kritiseer die regering van nasionale eenheid omdat daar, volgens hom, versuim is om immigrasie-uitdagings doeltreffend aan te spreek. George versoek dringende hervormings om grensbeheer en wetstoepassing te versterk, […]
# Die Britse legende Sir Rod Stewart berei hom voor om ná langer as ses dekades op te hou toer. Die 81-jarige se afskeidstoer, The Final Encore, begin in April volgende jaar in Dublin en sluit konserte regoor Brittanje en Europa in. Stewart sê dit sal sy laaste regstreekse toer wees, maar hy tree nie […]
# Gholf: Min Woo Lee van Australië is kort op die hakke van die voorlopers in die Baycurrent Classic in Japan nadat hy het met ‘n vyf-onder-baansyfer 67 geopen het. Die 28-jarige is deel van die groep voorlopers op die punteleer op die Yokohama-buiteklub. Die Amerikaner, Jacob Bridgeman is heel voor nadat hy ‘n skitterende […]
# Motorsport: Die Ferrari-renjaer Lewis Hamilton hoop op nat weer vir die naweek se Grand Prix in Singapoer en sê hy floreer as hy in die reën moet jaag. Die sewemalige wêreldkampioen het verlede naweek derde geëindig in Maleisië. Hy het op droëweerbande in gladde toestande begin en van die 18de plek af teruggeveg. Hamilton […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid, in samewerking met ORBIS International stel vandag ‘n program bekend vir die sifting en behandeling van diabetiese retinopatie by die Tshwane-distrikshospitaal. Dit vorm deel van Oogsorgbewusmakingsmaand en het ten doel om toegang tot oogsorg te verbeter en voorkombare blindheid wat met diabetes verbind is, te voorkom. Die program fokus […]
# Die Gautengse primier, Panyaza Lesufi, sê wetstoepassingsagentskappe hou die situasie in Soweto onder beheer te midde van versetoptrede teen immigrasie. Lesufi sê bykomende hulpbronne, insluitend die weermag, is ontplooi om te help om die orde te handhaaf. Hy sê die regering hou gesprekke met organiseerders wat vreedsaam hul kommer geopper het, met die doel […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra mense met diabetes en ander chroniese toestande om gereelde voetondersoeke te ondergaan en vroegtydig behandeling te soek om ernstige komplikasies, gestremdheid en amputasies te voorkom. Voetkundiges het tydens die 2025/26-boekjaar meer as 63-duisend pasiënte behandel en meer as 34-duisend mense ondersoek, insluitend meer as 14-duisend mense wat met diabetes leef. […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor e-Regering en Navorsing-en-Ontwikkeling, asook die portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid, vra ‘n onafhanklike ondersoek na ‘n beweerde sekerheidsbreuk wat die provinsiale e-paniek-knoppie-platform raak. Inwoners se persoonlike inligting, insluitend name, liggings en misdaadverslae, is moontlik blootgestel. Die komitees is besorg omdat die Inligtingsreguleerder eers twee weke ná die voorval in kennis […]