# Tennis: Carlos Alcaraz voel geestelik sterk voor sy terugkeer na die Shanghaise Meesterstoernooi ná sy oorwinning op die Japanse Ope. Die wêreld-nommer-drie het Dinsdag vir Jiri Lehecka in Tokio geklop vir sy eerste titel sedert sy terugkeer nadat ‘n polsbesering hom bykans vyf maande van die baan gehou het. Alcaraz sê sy liggaam pas […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement vra mense met diabetes en ander chroniese toestande om gereelde voetondersoeke te ondergaan en vroegtydig behandeling te soek om ernstige komplikasies, gestremdheid en amputasies te voorkom. Voetkundiges het tydens die 2025/26-boekjaar meer as 63-duisend pasiënte behandel en meer as 34-duisend mense ondersoek, insluitend meer as 14-duisend mense wat met diabetes leef. […]
# Die Gautengse wetgewer se portefeuljekomitee oor e-Regering en Navorsing-en-Ontwikkeling, asook die portefeuljekomitee oor Gemeenskapsveiligheid, vra ‘n onafhanklike ondersoek na ‘n beweerde sekerheidsbreuk wat die provinsiale e-paniek-knoppie-platform raak. Inwoners se persoonlike inligting, insluitend name, liggings en misdaadverslae, is moontlik blootgestel. Die komitees is besorg omdat die Inligtingsreguleerder eers twee weke ná die voorval in kennis […]
# Die Stad Johannesburg vra huiseienaars wat sake-eiendomsbelastingtariewe betaal om te kyk of hulle vir die woontarief kwalifiseer. Die stad sê sake-tariewe word op sommige huise gehef weens die klassifikasie van die eiendom, al word dit as woonhuise gebruik. Eiendomseienaars moet hul munisipale rekeninge nagaan en die vereiste aansoekvorm met stawende dokumente indien. Die stad […]
# Die vakbond Giwusa sê die vervaardigingsektor ondervind ‘n ernstige afname nadat produksie in Augustus met 4,3-persent gedaal het. Die vakbond dring aan op ‘n ingrypende verandering in ekonomiese beleid, insluitend groter openbare belegging in vervaardiging en maatreëls om werkers teen afleggings en werkverliese te beskerm. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei, sê die afname […]
# Statistiek Suid-Afrika sê vervaardigingsproduksie het in Augustus met 4,3-persent gedaal vergeleke met dieselfde maand verlede jaar. Die grootste dalings was in motorvoertuie, chemikalieë, hout en papier, en voedsel en drank. Produksie het ook sedert Julie met 3,1-persent gedaal. Verkope in die vervaardigingsektor het egter in Augustus met 1,1-persent toegeneem en met 1,4-persent gestyg oor […]
# Die Stad Johannesburg het 14 openbare swembaddens oopgestel as deel van ‘n program vir gefaseerde heropening. Die stad sê kwessies oor personeelwerwing, nakoming en instandhouding by die swembaddens is opgelos, en gekwalifiseerde lewensredders is gereed vir diens. Daar word verwag dat nog tien swembaddens van Maandag sal heropen, insluitend in Rabie-rif, Dobsonville, Jabavu, Sydenham […]
# Die president van die MK-party, Jacob Zuma, het die party se veldtoggeleentheid oor die toestand van die Stad Johannesburg misgeloop te midde van berigte dat hy in die hospitaal is. Een van Zuma se vertrouelinge het aan News24 gesê die oudpresident is siek. Die party sê egter hy is gesond en het onlangs ‘n […]
# President Cyril Ramaphosa sê opkomende boere het meer ondersteuning nodig om suksesvolle kommersiële produsente te word. Tydens ‘n besoek aan Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê toegang tot grond alleen is nie genoeg nie en boere benodig ook finansiering, mentorskap, vaardighede, tegnologie en toegang tot markte. Hy het die Landbank se […]