# Volgens ‘n waarnemingsverslag wat Reuters onder oë gehad het, is ‘n Chinese vissersboot, wat deel is van die land se maritieme militêre mag, vir die eerste keer aan die ooskus van Taiwan opgemerk. Die vaartuig het in Augustus langs ‘n Chinese kuswagboot en ‘n navorsingskip naby Hualien gevaar. Taiwan sê die bote was betrokke […]
# Britanje se Konsulaat-generaal in Oos-Jerusalem gaan voortaan as die Britse-sending in Jerusalem bekend staan na Israel gelas het die konsulaat moet gesluit word. Die Britse minister van Buitelandse Sake, Ed Miliband, sê die gebou sal oop bly en steeds noodsaaklike dienste lewer en saam met Palestyne werk. Twintig Britse diplomate, insluitend die konsul-generaal, sal […]
# Die voorsitter van die tussenministeriële komitee, Mmamoloko Kubayi, sê die regering is besig om sy bedryfsriglyne aan te pas ná die Konstitusionele Hof-uitspraak oor asielsoekers. Vlugteling-ontvangskantore moet aansoeke aanvaar van mense wat asiel aanvra, ongeag sekere prosedures wat moontlik nie nagekom is nie. Die regering beplan om vermoë uit te brei, biometriese keuring te […]
# Exporters Western Cape has called for urgent high-level intervention to stabilise South Africa’s relations with the United States, warning further deterioration could put established export business at risk. Chairperson Terry Gale says escalating public exchanges between the Department of International Relations and Co-operation and US ambassador Leo Brent Bozell are adding to uncertainty for […]
# Die parlementêre ad hoc-komitee wat polisiekorrupsie ondersoek, het beraadslaging oor sy voorlopige verslag van 790 bladsye afgehandel. Dit sluit bewerings in dat die minister van Polisie, Senzo Mchunu wat op spesiale verlof is, omkoopgeld ontvang het; Vusimuzi “Cat” Matlala se beweerde kontantbetalings aan oudminister van Polisie, Bheki Cele; en die toekoms van die Ondersoekdirektoraat […]
# Rugby: Die voormalige All Black-kaptein, Scott Barrett, keer die eerste keer sedert November 2025 terug na die beginspan vir Saterdag se Bledisloebeker-toets teen Australië in Auckland. Sy broer, Beauden, vervang die beseerde Richie Mo’unga. Codie Taylor voer die span aan, terwyl Shannon Frizell op die bank wag vir sy eerste toets sedert die Wêreldbeker-eindstryd […]
# Die Gautengse regering veroordeel die moord op ʼn vier maande oue baba en die beweerde verkragting van ʼn ma in Atteridgeville, Tshwane. Volgens die polisie het ʼn pastoor en sy vrou die ma onder voorwendsel om ʼn ritueel uit te voer, na die Hennopsrivier gelok. Die ma is vasgebind en na bewering verkrag voor […]
# New York se federale aanklaers beplan volgens berigte om nuwe aanklagte teen die voormalige president van Venezuela, Nicolás Maduro en sy vrou, Cilia Flores, in te dien. Dit hou verband met die beweerde marteling van meer as 10 Amerikaners wat onder Maduro se bewind verkeerdelik aangehou is. Matthew Heath en Osman Khan beweer hulle […]
# Die vuurwapen- en meineedsaak teen die selfverklaarde politieke bemiddelaar Brown Mogotsi, is in die Johannesburgse Landdroshof tot 23 Oktober uitgestel. Die uitstel volg na sy regspan verdere besonderhede van die staat versoek het. Mogotsi se regsverteenwoordiger, Makau Sekgatja, sê die verdediging is ontevrede met die staat se reaksie. Die verdediging versoek inligting, insluitend die […]