# Rugby: Rassie Erasmus says the Springboks’ 43-28 victory over the All Blacks in Baltimore was closer than the scoreline suggested. The Springbok coach says he felt the outcome remained in the balance until the final ten minutes, praising New Zealand’s fightback after South Africa built a 15-point lead early in the second half. Erasmus […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, doen ‘n beroep op gemeenskappe om graad 12-leerders te ondersteun tydens die aftelling na die matriekeksamen. Hy sê 71-duisend-300 voltydse kandidate in die provinsie sal die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen aflê, wat op 13 Oktober begin en op 25 November eindig. Londt sê onderwysers, leerhulpe en onderwysamptenare werk […]
# Die Stad Tshwane het bewerings deur lede van opposisiepartye verwerp dat sy brandweervoertuie teruggeneem is omdat die Stad nie sy rekeninge kan betaal nie, en het die bewerings as vals en misleidend bestempel. Die burgemeester se woordvoerder, Samkelo Mgobozi, sê dit is teleurstellend dat openbare verteenwoordigers so ‘n ernstige bewering maak en herhaal sonder […]
# Die Gautengse Departement van Gesondheid sê hy vorder goed met die vul van befondsde vakante poste in sy instellings om die openbare gesondheidstelsel te versterk en gesondheidswerkers te ondersteun. Onderhoude vir een-duisend-259 poste is teen 9 September afgehandel, terwyl een-duisend-en-8 kandidate klaar op die kortlys was en een-duisend-393 poste geadverteer is. Die departement se […]
# Die Wes-Kaapse LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, sê uitvoere bly ‘n belangrike dryfveer van ekonomiese groei, beleggings en werkskepping in die provinsie. Meyer sê die provinsiale regering help ondernemings om tegniese uitdagings uit die weg te ruim, mededingendheid te verbeter, nuwe markte te ontsluit en internasionale handelsgeleenthede te benut. Hy […]
# Die GOOD-party eis dringende optrede van die Drakenstein-munisipaliteit om elektrisiteit te voorsien aan die Bakka-informele nedersetting op privaat grond tussen die Paarl en Wellington. Keagen Gertse van die party sê sowat 45 gesinne leef steeds sonder elektrisiteit, hoewel ‘n oplossing reeds maande terug geïdentifiseer is. Hy sê GOOD het in Junie vanjaar ‘n mosie […]
# Die polisie waarsku vroue in en om Kemptonpark, Ekurhuleni, veral Rhodesfield, om uiters versigtig te wees ná die ontdekking van die liggame van vier vroue in die gebied oor die afgelope twee maande. Die jongste liggaam is gisteraand gevind. Die polisie se woordvoerder Athlenda Mathe sê voorlopige inligting wat deur speurders ingewin is, het […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die party gaan in die komende plaaslikeverkiesing in nege munisipaliteite reg oor Limpopo meeding. Maimane het tydens die bekendstelling van BOSA se verkiesingsveldtog in Mphakane, Botlokwa, gepraat. Hy sê die party sal meer as 100 kandidate in die munisipaliteite stel om inwoners te verteenwoordig […]
# Die leier van Build One South Africa, Mmusi Maimane, sê die party sal onnodige burokrasie vir klein ondernemings verminder en munisipale aankoopgeleenthede vir plaaslike ondernemings verbeter. Maimane het tydens die bekendstelling van BOSA se verkiesingsveldtog in Mphakane, Limpopo, gepraat. Hy sê hulle sal gemeenskapsvergaderings, diensverslagdoening op wyk-vlak en openbare prestasieteikens gebruik om te verseker […]