# Die LUR vir Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, het die gebruik van ses staatseiendomme in die Wes-Kaap hernu om skuilingdienste aan slagoffers van geslagsgeweld en vrouemoord te bied. Die eiendomme in Aurora, Albertinia, Heidelberg, Laingsburg en Moorreesburg sal voortgaan om veilige ruimtes vir slagoffers en oorlewendes te voorsien. Macpherson sê die hernuwing weerspieël […]
# Die Gesondheidsombud, Taole Mokoena, sê ondersoeke het bevind die 25-jarige mediese intern, Alulutho Mazwi, het nie gesterf terwyl hy aan diens was in die Prince Mshiyeni-gedenkhospitaal in KwaZulu-Natal nie. Mazwi het siek geword tydens sy verblyf op die hospitaalterrein en is in die ongevalle-afdeling dood verklaar. Mokoena ontken dat Mazwi gedwing is om te […]
# Die Gesondheidsombud, Taole Mokoena, vra dringende hervormings om personeelwelstand en pasiëntesorg in KwaZulu-Natalse staatshospitale te verbeter. Hy het ná ‘n verslag van gesondheids-beroepslui aanbevelings gedoen vir beter werknemerwelstand- en geestesgesondheidsprogramme, kundige personeel, strenger veiligheid, verbeterde toesig en nakoming van gesondheidsorgstandaarde. Mokoena sê spesiale aandag moet gegee word aan interns en junior gesondheidswerkers wat onder […]
# ‘n Uitgelekte verslag wat aan die Johannesburgse burgemeesterskomitee voorgelê is, onthul Pikitup het meer as 2,1-miljard-rand se kontantreserwes, maar nie toegang tot die fondse nie. Die vullisverwyderingsdiens sê kontant word deur die Stad Johannesburg bestuur, wat tot mededingende bestedingsbehoeftes lei. Die verslag beveel aan dat Pikitup se inkomste afgesonder word om te verseker die […]
# Die Khayelitsha-ontwikkelingsforum verwelkom die bevinding van die Openbare Beskermer dat Stad Kaapstad nie voldoende basiese munisipale dienste in dele van Khayelitsha en Langa verskaf nie. Die voorsitter, Mawande Jara, het aan die SABC gesê inwoners sukkel met swak sanitasie, lekkende waterinfrastruktuur en gebrekkige dienste. Hy sê die bevindings ontbloot die werklikheid van gemeenskappe wat […]
# Die Gesondheidsombud, Taole Mokoena, sê daar is geen bewyse om ‘n reeks sterftes onder gesondheidswerkers in openbare hospitale in KwaZulu-Natal regstreeks te verbind met werkplek-afknouery of swak werksomstandighede nie. Hy sê die onafhanklike ondersoek het ses hospitale bekyk en ernstige uitdagings ontdek, insluitend personeeltekorte, bevrore vakatures, oormatige werkslas, onvoldoende toerusting, verswakkende infrastruktuur en swak […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus is bereid om sommige wedstryde te verloor om sodoende die volgende geslag wêreldkampioene te vind. Die veelsydige Pieter-Steph du Toit, met 96 toetse op sy kerfstok, voer Saterdag ‘n relatief onervare span aan in die Nasieskampioenskaps-wedstryd teen Skotland op Loftus. Erasmus en sy hulpafrigters glo, anders as ander lande, dat […]
# Die Verenigde Nasies se Handels- en Ontwikkelingsagentskap sê regstreekse buitelandse beleggings in Afrika het verlede jaar ongeveer 1,1-duisend-miljard-rand beloop, wat dit die vasteland se derde hoogste invloei sedert 1990 maak, ondanks ‘n afname vanaf 2024. Die VN se jongste Wêreldbeleggingsverslag sê beleggers bly gefokus op energie, infrastruktuur, kritieke minerale en tegnologie. Terwyl die waarde […]
# Die Nasionale Skuilingbeweging van Suid-Afrika verwelkom Dina Pule se aanstelling as minister van Maatskaplike Ontwikkeling en vra etiese leierskap, bestendige bestuur en voorspelbare befondsing. Woordvoerder Greer Schoeman sê vroue en kinders wat van geweld vlug, kan nie bekostig dat noodsaaklike dienste ontwrig word nie. Die beweging verteenwoordig meer as 100 skuilings. Schoeman sê sterker […]