# President Cyril Ramaphosa doen ‘n beroep op die uitbreiding van gemengde finansiering om meer opkomende boere te help om hul ondernemings te laat groei. In sy toespraakby Redlands-suiwelplaas in Stutterheim, Oos-Kaap, het Ramaphosa gesê die Landbank se skema wat staatstoelaes met lenings kombineer kan meer bekostigbare finansiering bied en boere help om van kleinskaalse […]
# President Cyril Ramaphosa sê toegang tot grond alleen is nie genoeg om meer swart boere te help om suksesvolle kommersiële produsente te word nie. Tydens ‘n toespraak by die Redlands-suiwelplaas in Stutterheim in die Oos-Kaap het Ramaphosa gesê die regering werk daaraan om ongeveer 2,5-miljoen-hektaar verkrygde grond aan swart boere beskikbaar te stel, terwyl […]
# Sokker: Die Mamelodi Sundowns-afrigter Miguel Cardoso sê hy sal nie beseerde spelers soos Teboho Mokoena, Aubrey Modiba en Bathusi Aubaas in Saterdag se MTN8-eindstryd teen Orlando Pirates in die Moses Mabhida-stadion te laat speel nie. Bafana Bafana se internasionale spelers herstel van beserings wat hulle tydens nasionale diens opgedoen het. Cardoso sê spelers sal […]
# Die Koreaanse popgroep ENHYPEN en hul aanhangers ondersteun ‘n wêreldwye bloedskenk-veldtog in samewerking met die Wêreldgesondheidsorganisasie. Die groep het by die WGO se Wêreld-bloedskenkdag-veldtog aangesluit om mense aan te moedig om bloed te skenk en lewens te help red. Lede van ENHYPEN het ook bloed geskenk. Die aanlyn belofte-veldtog het sterk gegroei nadat promosievideo’s […]
# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, ondersteun oproepe vir optrede teen individue en organisasies wat daarvan beskuldig word dat hulle waninligting oor Suid-Afrika in die buiteland versprei. Die voorsitter van die Parlement se portefeuljekomitee, Supra Mahumapelo, het wetgewing voorgestel wat dit moontlik maak dat mense van hul Suid-Afrikaanse burgerskap gestroop kan […]
# Die Stad Kaapstad het ‘n gespesialiseerde taktiese-eenheid van stapel gestuur om vinnig te reageer op ernstige en hoërisiko-misdaad. Die eenheid sal voorvalle soos bendegeweld, afpersing en massaskietery hanteer. Dit is toegerus met ‘n gepantserde voertuig, nagsig- en hitte-opsporingstegnologie, sowel as gespesialiseerde vuurwapens en taktiese toerusting. Die burgemeester Geordin Hill-Lewis sê die eenheid sal gemeenskappe […]
# Die Polokwane-landdroshof het borgtog van 60-duisend-rand elk aan Rirhanzu Tibana en Jabulani Maluleke toegestaan in ‘n saak van bedrog en geldwassery ter waarde van elf-miljoen-rand uit bestorwe boedels. Die beskuldigdes sal op 6 November by die eerste twee beskuldigdes, Charlotte Tibana en haar man, Peter “Gagash” Nonyane, aansluit. Hulle staan tereg op 101 aanklagte, […]
# Umalusi se uitvoerende hoof, Mafu Rakometsi, sê ‘n vraestel wat verlede jaar uitgelek het, het aanleiding gegee tot strenger veiligheidsprotokolle. Amptenare wat by die eksamen betrokke is, moet verklaar of hul nabye familielede eksamen skryf en word dan gekeur. Rakometsi sê vraestelle wat op rekenaars gestoor word, moet daagliks verwyder en deur aangewese amptenare […]
# Die aanlyn verblyfplatform LekkeSlaap is aan ‘n beleggersgroep verkoop wat Investec en die privaat beleggingskantore van FirstRand se medestigters, GT Ferreira en Laurie Dippenaar, insluit. News24 berig die transaksie is vir ‘n onbekende bedrag beklink. Die medestigters, Jonathan Womersley en Marcel van de Ghinste, tree uit, terwyl uitvoerende hoof Frans Joubert en die bestaande […]