# Diewe het 30-duisend bottels goeie wyn van meer as 90-miljoen-rand uit ‘n geskiedkundige wynkelder in Toskane, Italië gesteel. Sewe gemaskerde mans het glo sekuriteitstelsels ontkoppel voor hulle die bottels met die maatskappy se vurkhysers op twee vragmotors gelaai het. Die gesteelde wyn sluit in gesogte name soos Solaia, Tignanello en Guado al Tasso. Die […]
# President Cyril Ramaphosa het die matriekklas van 2026 aangemoedig om hul eindeksamens met eerlikheid, dissipline en integriteit aan te pak. Tydens ‘n seremonie in QwaQwa, Vrystaat, waar die belofte vir die Nasionale Senior Sertifikaat onderteken is, het Ramaphosa leerders herinner om nie jare se harde werk en opoffering te skaad nie. Hy het hulle […]
# Motorsport: Die Mercedes-renjaer George Russell was die vinnigste in die enigste oefensessie vir die Singapoer Grand Prix met ‘n tyd van een-minuut-32,274-sekondes. Charles Leclerc van Ferrari was tweede, met Lando Norris van McLaren in die derde plek op ‘n stowwerige baan te midde van rook weens brande in Indonesië. Die snelren-formaat beteken spanne het […]
# Die Suid-Afrikaanse Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid sê hy verskerp kontroles om bedrog te voorkom en te verseker maatskaplike toelaes gaan aan mense wat daarvoor kwalifiseer. Dit volg op mediaberigte dat betalings gedoen is aan begunstigdes wat na bewering nie vir toelaes in die 2025/2026 boekjaar in aanmerking gekom het nie. Andile Tshona van die […]
# Tennis: Hubert Hurkacz van Pole het die viermalige kampioen Novak Djokovic by die Shanghai Meesterstoernooi in twee stelle in die tweede ronde geklop om na die derde ronde deur te dring. Die 29-jarige het ‘n einde gemaak aan Djokovic se agt oorwinnings en het in ‘n indrukwekkende 13 kishoue en 28 wenhoue geslaan. Die […]
# Adjunkpresident Paul Mashatile het oudpresident Jacob Zuma ‘n spoedige herstel toegewens te midde van teenstrydige berigte oor sy gesondheid. Zuma is volgens berigte in die hospitaal opgeneem nadat hy tydens ‘n veldtog in KwaZulu-Natal siek geword het. Die MK-party hou vol hy het roetine-mediese ondersoeke ondergaan, maar sy broer, Khanya, sê hy is steeds […]
# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, het gewaarsku teen waninligting rakende ‘n uitspraak van die Konstitusionele Hof oor asielsoekers. Schreiber het in ‘n onderhoud met die SABC gesê hulle het die howe versoek om duidelikheid te verskaf oor die reëls vir die aanhouding van asielsoekers terwyl hul aansoeke verwerk word. Hy meen aanhouding […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Alexander Zverev, het Wu Yibing van China geklop om die derde ronde van die Shanghai Masters te bereik. Die eerstegekeurde speler het ‘n kortstondige skrik oor sy linkerenkel oorkom na hy tydens die tweede stel gegly het, en daarna die valbylpot gewen om die oorwinning te beklink. Zverev het sy teenstander […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, vra kalmte te midde van voortdurende betogings teen migrante in Johannesburg en Durban. Betogings is in Braamfontein, Soweto en Durban aangemeld ná ‘n uitspraak deur die Konstitusionele Hof oor asielaansoeke. ‘n Voertuig is by Konstitusieheuwel aan die brand gesteek en die polisie het rubberkoeëls gebruik om betogers […]