# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê beduidende vordering is gemaak in die stryd teen bedrog en korrupsie in die grens- en immigrasiesektor. Masiapato het op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê die owerheid het 57 dissiplinêre sake hanteer tussen Julie en September. Altesaam 17 amptenare is afgedank, twee het laaste waarskuwings ontvang […]
# Die Spesiale Tribunaal het die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, se aansoek verwerp om siviele verrigtinge te staak in verband met ‘n beweerde onreëlmatige tender van 27,6-miljoen-rand vir afvalverwyderingsvoertuie in Gauteng. Die tribunaal het bevind Mabe se betoë is ongegrond en die aansoek was bloot daarop gemik om aanspreeklikheid te ontduik. Gevolglik kan die Spesiale […]
# NamLamb het aan die 2026 Lamb Champs-kompetisie onttrek weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië. Lamb Champs is ‘n landboukompetisie waar boere meeding om te bepaal wie die lamvleis met die beste smaak produseer. Die Namibiese span sou op 31 Oktober teen Suid-Afrikaanse boere meeding, maar beperkings op die beweging van lewende hawe en […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê professor Fanelwa Ngece-Ajayi se reis van haar kinderjarejare in Khayelitsha tot waar sy nou ’n vooraanstaande wetenskaplike is, toon die krag van onderwys, mentorskap en die ondersteuning van die gemeenskap. Ngece-Ajayi se navorsing fokus op groen nanotegnologie, insluitend sensors vir geneesmiddelmetabolisme, watersuiwering en tegnologieë om skadelike mikrobes te […]
# Gholf: Die nuweling op die Sonskyn-toer, Cole Stevens van Suid-Afrika, het ‘n voorsprong van drie houe geneem in vandag se derde ronde van die Limpopo-kampioenskap op die Euphoria Gholf- en Leefstyl-landgoed. Stevens het ‘n brouhou-vrye ronde van ses onder baansyfer 65 aangeteken om tot op 12 onder baansyfer te vorder. Jacques Blaauw is tweede […]
# Die Johannesburgse Metropolisie het ‘n vlaag aanvalle op sy personeel veroordeel. ‘n Verkeersbeampte, Reagan Joseph, is Donderdag doodgeskiet toe hy en twee kinders in sy privaat voertuig was. Een van die kinders is beseer en in die hospitaal opgeneem. Woordvoerder Xolani Fihla, sê dit is die derde aanval binne ‘n week. In die ander […]
# Parlement se Portefeuljekomitee oor Internasionale Betrekkinge en Samewerking sê hy gaan DIRCO vra om die omstandighede rondom die derde demarche binne nege maande teen die Amerikaanse ambassadeur, Leo Brent Bozell, te verduidelik. Die komitee se voorsitter, Mosa Chabane, sê Suid-Afrika se soewereiniteit moet gerespekteer word. Die komitee beklemtoon diplomate word verplig om die wette […]
# Tygerberg-hospitaal vier sy 50ste bestaansjaar met die herdenking van vyf dekades van gespesialiseerde gesondheidsorg in die Wes-Kaap. Sedert sy opening in 1976 het die hospitaal pasiënte met ingewikkelde mediese toestande behandel en geslagte gesondheidsorgwerkers opgelei. Die hospitaal was ook betrokke by belangrike mediese deurbrake, waaronder Suid-Afrika se eerste vierling wat deur middel van in-vitro-bevrugting […]
# Golf: South Africa’s Sunshine Tour rookie Cole Stevens has taken a three-shot lead into today’s third round of the Limpopo Championship at the Euphoria Golf and Lifestyle Estate. Stevens carded a bogey-free six-under-par 65 to move to 12-under overall. Jacques Blaauw is second on nine-under after a 69, while Frenchman Pierre Viallaneix is third […]