# Die waarnemende nasionale polisiekommissaris, Puleng Dimpane, het ‘n senior offisier aangewys om die besering van ‘n polisiehond in ‘n polisie-opleidings- en veeartsenykundige gerief in Limpopo te ondersoek. Die afgetrede Belgiese herdershond Sky, wat al voorheen weggeloop het, is daar aangehou wagtend op aanneming. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê ‘n veearts versorg haar tans. Sy sê […]
# Polisie het ‘n man op die OR Tambo Internasionale Lughawe in hegtenis geneem nadat kokaïen ter waarde van 800-duisend-rand in sy bagasie ontdek is. Beamptes sê die verdagte is tydens ‘n roetine-ondersoek onderskep toe die verdagte items opgespoor is. Tydens ‘n inspeksie is versteekte kokaïen met ‘n straatwaarde van nagenoeg 800-duisend-rand in sy bagasie […]
# Die Vaal Universiteit van Tegnologie bied sy jaarlikse onderrig- en leerkonferensie aan by Emerald Resort and Casino in Vanderbijlpark, Gauteng. Vanjaar se tema fokus op die herinterpretasie van onderrig en leer vir toekomstige vernuwing, insluiting en die impak in Hoër Onderwys. Die visekanselier en rektor, Khehla Ndlovu, sê besprekings sal fokus op studentesukses, kunsmatige […]
# Nege natuurbewaringsorganisasies uit ses Suider-Afrikaanse lande het die Alliansie vir Veilige Aasvoëlsones begin om die skerp afname in aasvoëlgetalle te bekamp. Die alliansie sluit BirdLife-organisasies in Botswana, Suid-Afrika en Zimbabwe in, asook BirdWatch Zambië, Natuurbewaring Tanzanië en Malawi se Omgewings- en Natuurbewaringsvereniging. Bewaringskundiges sê vergiftiging, verlies aan habitat en kraglyne bedreig die voëls. Aasvoëlgetalle […]
# RISE Mzansi is bekommerd oor die vier-duisend-500 voetgangersterftes wat die afgelope drie jaar op Suid-Afrika se snelweë aangeteken is. Woordvoerder, Makashule Gana, sê volgens die Departement van Vervoer het die N2 die hoogste sterftes aangeteken met een-duisend-500, gevolg deur die N1 met een-duisend-200, die N3 met een-duisend en die N4 met 800. Hy sê […]
# Rolspelers in die bedryf het op die Electra-mynbou-Afrika-uitstalling in Johannesburg gewaarsku Suid-Afrika se mynbedryf kan die groeiende oplewing in kritieke minerale misloop weens ‘n vaardigheidstekor. Die verskuiwing na elektriese tegnologie en skoner energie versterk die vraag na minerale soos koper. Kenners sê dringende stappe is nodig om die vaardigheidstekort aan te pak en potensiaal […]
# Die NUM steun die United Steelworkers se staking op Sibanye-Stillwater se bedrywighede in Amerika en Kanada. Mpho Phakedi van die vakbond sê 420 werkers het verlede week op die Nye-myn en die Columbus Metallurgical Complex begin staak nadat loononderhandelings ‘n dooiepunt bereik het. Die NUM beskuldig die onderneming dat hy beduidende toegewings van werkers […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Openbare Werke en Infrastruktuur het sy eerste skoon oudit ontvang en skryf die prestasie toe aan sterker finansiële beheermaatreëls en meer aanspreeklikheid. Woordvoerder Steve Bhengu sê dit volg nadat die LUR, Martin Meyer, hervormings ingestel het. Hy sê dit sal beleggersvertroue versterk en die departement as ‘n betroubare vennoot vestig […]
# Die besturende direkteur van die BBF Safety Group, Ndlela Mazibuko, sê Afrika se mineraalrykdom bied beduidende geleenthede vir ekonomiese ontwikkeling, waardetoevoeging, tegnologie en vernuwing. Hy het op die Electra-mynbou-Afrika-uitstalling in Johannesburg aan Mining Weekly gesê die vasteland se bevolking van 1,4-miljard skep ‘n sterk vraag na goedere en dienste. Mazibuko sê mense bly die […]