Skip to content

Vier mans dood in brand in Pomona informele nedersetting, Ekurhuleni [KLANK]

# Vier mans is vanoggend dood nadat ‘n brand deur talle informele wonings in die EP Malan-nedersetting in Pomona, buite Kemptonpark in Ekurhuleni, gewoed het. William Ntladi, woordvoerder vir Ramp- en Noodbestuursdienste, sê brandbestryders het kort voor twee vanoggend die oproep ontvang en na die toneel gehaas. Hy sê bykomende spanne is ontplooi nadat ‘n risiko-evaluering die omvang van die brand aan die lig gebring het; talle wonings is geraak, terwyl baie ander ook in gevaar was:

ENG NtladiONFire