# Die metaalwerkersvakbond NUMSA het Macsteel veroordeel vir die aanbied van vrywillige skeidingspakkette buite die formele konsultasieproses. Vakbondwoordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die stap ondermyn arbeidswette en buit werkers se finansiële kwesbaarheid uit. NUMSA het lede aangespoor om nie die ononderhandelde, onvoldoende aanbiedinge te aanvaar nie. Sy het bevestig dat Numsa vandag alternatiewe voorstelle aanbied:
# Navorsers aan die Universiteit van Kaapstad is deel van ‘n baanbreker wêreldwye kliniese proef wat CRISPR-Cas9 gebruik om oorerflike angio-edeem te behandel. HAE is ‘n seldsame, lewensgevaarlike genetiese afwyking wat swelling in die ledemate, gesig, dermkanaal en lugweg veroorsaak. Volgens die Allergie-stigting van Suid-Afrika toon vroeë resultate belowende vermindering in angio-edeem-aanvalle. Die Universiteit van […]
# Oudpresident Joaquim Chissano van Mosambiek sê Afrika se bevrydingsbewegings het afgedwaal van hul kernbelofte om die mense te dien. Hy het tydens die ANC-bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg besin oor vorige foute, insluitend verswakte demokratiese instellings, die wegbeweeg van landsburgers en die snoer van meningsverskille. Chissano vra hernude toewyding aan die jeug, vroue en inklusiewe regering, […]
# Die EFF doen ‘n beroep vir wysigings aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur om groter deursigtigheid met buitelandse lenings te verseker. Tydens die EFF se 12de herdenkingsbyeenkoms in Khayelitsha het die partyleier Julius Malema gesê alle buitelandse leningsooreenkomste moet voor die Parlement gebring word vir goedkeuring voordat dit gefinaliseer word. Hy het die […]
# Die ANC se sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê Afrika se bevrydingsbewegings beskik oor die wysheid van die eeue, gesmee deur gewapende stryd, diplomasie en politieke mobilisering. Mbalula het tydens die Bevrydingsbewegingsberaad in Johannesburg beklemtoon dat ware vryheid nie net met wapens gewen word nie, maar deur eenheid, visie en geloof in geregtigheid. Hy het beklemtoon […]
# Die DA in Gauteng wil hê onwettige straatrenne in voorstede soos Rosebank, Fourways en Midrand moet onmiddellik gestaak word. Michael Sun van die party sê roekelose renne stel onskuldige lewens in gevaar. Hy het verwys na onlangse voorvalle, insluitend ‘n ongeluk op Jan Smutslaan waarin ‘n Uber-bestuurder dood is. Hy eis optrede deur premier […]
# Golf: Going into the fourth round of the ISPS Handa Senior Open at Sunningdale in the UK, Ernie Els is in joint fourth place, two shots behind the leader, Irshman Padaig Harrington. He was tied for eighth, seven under par, and six shots behind the leader after the 3rd round yesterday Els is seeking […]
# Kambodja en Thailand het mekaar oor en weer beskuldig van artillerie-aanvalle oor betwiste grensgebiede heen, ure nadat president Donald Trump gesê het die leiers het ooreengekom om aan ‘n skietstilstand te werk. Kambodja sê hulle onderskryf Trump se oproep vir ‘n onmiddellike skietstilstand ten volle. Thailand sê egter hoewel hulle dankbaar is teenoor Trump, […]
# Die sekretaris-generaal van die PAC, Apa Pooe, het die Bevrydingsbeweging-beraad in Johannesburg verwelkom as ‘n noodsaaklike platform om weer met mede-bevrydingsbewegings te skakel. Pooe het beklemtoon die PAC se stryd het nooit net oor stemverwerwing gegaan nie, maar oor grondbesit en die aftakeling van alle vorme van kolonialisme. Hy sê die party bly verbind […]