# Gesondheidsowerhede in die Demokratiese Republiek die Kongo het ʼn uitbreking van die Ebola-virus in die Kasai-provinsie verklaar. In Bulape en Mweka is 28 vermeende gevalle en 15 sterftes, insluitend vier gesondheidswerkers, aangemeld. Die land se vorige Ebola-uitbreking was in April 2022. Die Wêreldgesondheidsorganisasie se streeksdirekteur vir Afrika, Mohamed Janabi, sê hulle is vasbeslote om die […]
# Die Australiese Sakeraad se kostemodel om vrystellings te bekamp, het kritiek ontlok. Die raad sê die land sal sowat nege-miljard-rand in kapitaal- belegging nodig hê, en dalk steenkool- en gasuitvoere moet inperk om teen 2035 ʼn vrystellingsteiken van 70-persent of meer te haal. Die Australiese Bewaringstigting sê die model is ʼn wanvoorstelling van die […]
# Solidariteit se minagting-van-die-hof-aansoek het uitgeloop op ‘n tussentydse bevel wat die minister van Werkskepping en Arbeid opdrag gee om in November voor die Johannesburgse Arbeidshof te verskyn. Sy sal moet verduidelik hoekom sy ‘n hofbevel oor rassekwotas in die werkplek verontagsaam het. Anton van der Bijl van Solidariteit sê minister Meth se publikasie van rasseregulasies […]
# Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, sê sy oorweeg nog die MK-party se wantrouemosie teen president Cyril Ramaphosa. Die mosie is verlede maand ter tafel gelê in die lig van aantygings wat die kommissaris van polisie van KwaZulu-Natal, Nhlanhla Mkhwanazi, teen die Minister van Polisie Senzo Mchunu gemaak het. Dit het plaasgevind […]
# Sokker: Tottenham Hotspur se uitvoerende voorsitter Daniel Levy het uitgetree na byna 25 jaar in die rol. Die 63-jarige, wat die Premier Liga se voorsitter met die langste diens is, het in Desember 2000 ‘n aandeel van Spurs by Alan Sugar gekoop. In sy dienstyd het Spurs die ligabeker gewen en meer onlangs, in […]
# Limpopo se Departement van Vervoer sê hy is gereed om die toename in padverkeer te hanteer wanneer duisende reisigers na verwagting die naweek op die provinsie toesak vir godsdiens-byeenkomste. Wetstoepassers is reeds op strategiese punte langs hoofroetes en op brandpunte ontplooi. Dit sluit die N1, R101 en die D19 in. Die departement se woordvoerder, […]
# Die Franse president Emmanuel Macron sê 26 lande het beloof om sekuriteitswaarborge aan Oekraïne te verskaf in geval van ʼn skietstilstand. Dit sluit die ontplooiing van soldate op land, see en lug in. Talle Europese lande soos Duitsland, Spanje en Italië het egter tot dusver geweier om hulle tot die verskaffing van soldate te […]
# Krieket: Suid-Afrika het Engeland met vyf lopies geklop in die tweede eendagwedstryd op Lord’s en is met ʼn 2-0-voorsprong onoorwonne in die reeks van drie wedstryde. Die speler van die wedstryd, Matthew Breetzke, het 85 van 77 behaal en bygedra tot die Proteas se telling van 330 vir agt. Breetzke is die eerste speler […]
# Ekurhuleni mayor Nkosindiphile Xhakaza says the metro is making progress in strengthening its financial position, having addressed a 2.1-billion-rand revenue shortfall. The metro’s current bank balance stands at nearly 1.2-billion-rand. Ekurhuleni’s investment balance is now at 672-million-rand, up from 245-million-rand. Meanwhile, Xhakaza says an internal disciplinary process against officials implicated in the metro’s missing […]