# Adjunkpresident Paul Mashatile in sy hoedanigheid as voorsitter van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigs-raad, open vandag die 12de Suid-Afrikaanse Vigskonferensie by Emperors Palace in Gauteng. Die tema is: Verenig vir verandering – Bemagtig gemeenskappe en herdefinieer prioriteite vir MIV/Vigs. Die Presidensie sê die geleentheid bring leiers, navorsers en akademici van reg oor die wêreld byeen […]
# Die Hooggeregshof in Victoria het ʼn Australiese vrou, Erin Patterson, drie lewenslange vonnisse opgelê en sy mag eers na 33 jaar vir parool in aanmerking kom. Sy is in Julie skuldig bevind aan die moord op drie persone. Sy het in 2023 ʼn maaltyd van bief-wellington met giftige sampioene aan die ouers, oom en […]
# Tennis: Die 22-jarige Carlos Alcaraz het die Italianer, Jannik Sinner, verslaan en sy tweede Amerikaanse Ope-titel gewen. Die Spanjaard het ʼn veelsydige vertoning gelewer om sy groot teenstander te verslaan en sy sesde Grand Slam-titel op te raap. Alcaraz is die tweede jongste man naas Bjorn Borg wat in die Ope-era ses major-titels in […]
# Solidariteit het ʼn lastersaak teen die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, ingedien nadat sy die vakbond beskuldig het dat hy verkeerde inligting versprei. Dit hou verband met plaasmoorde en vermeende wit volksmoord in Suid-Afrika. In sy beëdigde verklaring wat by die Hooggeregshof in Pretoria ingedien is, doen Solidariteit ʼn beroep op die hof […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, het die sluipmoord op die Johannesburgse insolvensieprokureur, Bouwer van Niekerk, veroordeel. Van Niekerk is Vrydag by sy regsfirma se kantore in Avonwold doodgeskiet. Die woordvoerder van die ministerie, Terrence Manase, sê die nuus van sy moord het gekom kort nadat die departement berig ontvang het […]
# Fine Wine Fellow het die verkryging van Norman Goodfellows aangekondig. Dit is een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde voedsel- en drankverspreiders en kleinhandelaars van goeie wyne en spiritualieë. Goodfellows-woordvoerder, Jeanri-Tine van Zyl, sê verspreider se oorsprong dateer terug na 1976, toe Norman Kramer een van Suid-Afrika se eerste spesialis-drankwinkels geopen het. Hy sê hul […]
# Die Polisie- en Gevangenissevakbond, POPCRU eis dat die regering met dringende praktiese stappe moet kom om polisie-moorde en -beserings te verminder, hetsy aan of van diens. POPCRU-woordvoerder Richard Mamabolo sê tussen April verlede jaar en Maart vanjaar is 27 polisiebeamptes regoor die land vermoor. Hy sê POPCRU eis ‘n dringende praktiese transformasie van polisiëringsomstandighede […]
# Die ANC het die verduideliking van die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, verwelkom oor die konsep-nasionale kredietregulasies. Die party-woordvoerder Mahlengi Bhengu sê die ANC het kennis geneem van die minister se versekering dat die voorgestelde regulasies nie bedoel is om studente wat by instellings van hoër onderwys skuld het, te benadeel […]
# Die DA in die Wes-Kaap het die aankondiging deur die LUR vir Landbou, Ekonomiese Ontwikkeling en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom dat die provinsiale regering, Wesgro en sy bedryfsvennote stappe doen om boere onder druk te ondersteun en werksgeleenthede te beskerm. Die DA se Noko Masipa sê dit volg die 30-persent-tarief op Suid-Afrikaanse landbou-uitvoere na […]