# Krieket: Die Protea-vrouespan se kaptein, Laura Wolvaardt, sê die eendagreeks teen Pakistan is die perfekte voorbereiding vir die komende Wêreldbekertoernooi in Indië en Sri Lanka. Die eerste van drie eendagwedstryde begin vanmiddag in Lahore. Suid-Afrika het ʼn sterk eendagrekord teen Pakistan met 21 oorwinnings uit 28 kragmetings tussen die twee lande. Wolvaardt sê dis ʼn uitstekende […]
# Lande berei tans voor om hul nasionale klimaatbeloftes te wysig en kenners vra hulle om wesenlike teikens in te sluit om ontbossing te beëindig en woude te herstel. Volgens die Verenigde Nasies se Omgewingsprogram kap die mensdom elke jaar tien-miljoen hektaar woude af, gelykstaande aan die grootte van Portugal. Tropiese gebiede stel elke jaar […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die moontlike uitkomste van die nasionale dialoog moet teen deelname aan die nasionale konvensie gemeet word, en die uiteindelike toets sal wees of die probleme hanteer word. President Cyril Ramaphosa het gister vrae in die Parlement beantwoord en gesê die konvensie weerspieël die breë verskeidenheid in Suid-Afrika. Die VF Plus […]
# Rugby: Die Springbok-agterspeler Ethan Hooker sê hy is tegelykertyd senuweeagtig en opgewonde, maar fokus net daarop om na die beste van sy vermoë te speel. Die 22-jarige speler draf Saterdag die eerste keer in die opdrafspan uit wanneer Suid-Afrika en Nieu-Seeland in Wellington kragte meet. Hy was verlede week in Edenpark op die plaasvervangersbank. […]
# Rugby: Die All Black-senter Quinn Tupaea het sy kontrak met die Nieu-Seelandse Rugbyunie en Chiefs tot einde 2027 verleng. Die 26-jarige het vanjaar ‘n uitstekende Superrugby Pacific-veldtog agter die rug wat daartoe gelei het dat hy die eerste keer sedert 2022 na die nasionale span opgeroep is. Die All Blacks se oorwinning van 24-17 […]
# Rugby: Die Springbok-vroue se afrigter, Swys de Bruin, sê daar is baie positiewe dinge om te neem uit hul laaste groep D-Wêreldbekerwedstryd teen Frankryk in Northampton. Suid-Afrika het ‘n teleurstellende nederlaag van 57-10 teen Les Bleues gely en kom Saterdag teen die verdedigende kampioen, Nieu-Seeland, te staan in die kwarteindronde. De Bruin sê Frankryk […]
# Tennis: Carlos Alcaraz is die eerste keer sedert 2023 weer nommer een in die wêreld ná sy sege in die Amerikaanse Ope. Die 22-jarige Spanjaard het sy Italiaanse teenstander, Jannik Sinner, in vier stelle verslaan om sy tweede titel op Flushing Meadows en sy sesde Grand Slam-titel te buit. Sinner was 65 agtereenvolgende weke […]
# Kanovaart: Span Suid-Afrika het twee brons- en twee silwermedaljes gewen op die marathon-wêreldkampioenskap in Hongarye. Keegan Vogt van Maritzburg College het silwer gewen in die K1-wedvaart en daarna met Ryley Smith saamgespan om die bronsmedalje in die K2-item op te raap. Andy Birkett het sy vierde silwermedalje in die mans se K1-wedvaart en negende […]
# President Cyril Ramaphosa sê die stryd teen korrupsie is ingewikkeld, veelvlakkig en volgehoue, en vereis die aftakeling van stelsels van patronaatskap wat oor baie jare gevestig is. Ramaphosa het die finale verslag van die Nasionale Teenkorrupsie Adviesraad meer as ‘n week gelede ontvang. Daarin word onder meer aanbeveel dat ‘n permanente, onafhanklike, oorkoepelende teen-korrupsieliggaam […]