# Die Europese Kommissie het ‘n nuwe sanksiespakket teen Rusland voorgestel. Dit is die 19de pakket sedert die volskaalse-aanval op Oekraïne in 2022. Al 27 die lidlande van die EU moet die plan goedkeur. EU-bronne het aan Reuters gesê die kommissie sal ‘n verbod voorstel op die invoere van Russiese vloeibare gas vanaf 1 Januarie […]
# Die veroordeelde moordenaar Thabo Bester se prokureur, Lerato Moela, het onttrek aan die voortgesette voorverhoor in die Vrystaatse Hooggeregshof. Advokaat MoAfrica Wa Maila het die saak oorgeneem. Bester, sy meisie Nandipha Magudumana, en medebeskuldigdes, insluitend voormalige personeel van die Mangaung Korrektiewe Dienste, staan tereg op aanklagte van hulpverlening met sy ontsnapping, bedrog, geldwassery, brandstigting […]
# ‘n Groep vooraanstaande ontleders meen die Kremlin het ‘n gekoördineerde inligtingsveldtog van stapel gestuur om een van sy ander buurstate te teiken met dieselfde retoriek wat voor die volskaalse aanval van 2022 teen Oekraïne gebruik is. Die Instituut vir die Studie van Oorlog sê senior persone in Moskou, waaronder lede van Vladimir Putin se […]
# Die ActionSA LP, Kgosi Letlape, pa van Thembekile Letlape, sê geen geregtigheid het geskied met die 15-jaar tronkstraf wat Sibusiso Zitha opgelê is vir die moord op sy dogter nie. Zitha het erken hy het haar verskeie kere in hul huis in Fourways met ‘n mes gesteek. Letlape voeg by die vonnis is nie […]
# Die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel bied ‘n G20-rondetafel by Bluewater Bay in Gqeberha aan, met die fokus op hawe-infrastruktuur, handelsgroei en werkskepping. Die uitvoerende hoof van die Oos-Kaapse Transnet Haweterminale, Wandisa Vazi, sê die hawens in Port Elizabeth, Ngqura en Oos-Londen het meer as 500-miljoen-rand in belegging getoon, wat doeltreffendheid en werkverskaffing verhoog. Sy het […]
# Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, het die sekondering van generaal-majoor Susan Pienaar as Stafhoof en Sefura Matlala as persoonlike assistent in sy kantoor aangekondig. Pienaar kom van die SAPD Sigbare Polisiëring en Operasies terwyl Matlala van die Spesiale Ondersoekeenheid aansluit. ‘n Woordvoerder, Kamogelo Mogotsi sê die skuiwe volg na die Madlanga-regterlike kommissie […]
# Rugby: Die Suid-Afrikaanse skeidsregter Aimee Barrett-Theron is vanaand in beheer van die eerste halfeindstryd in die Vroue-Wêreldbeker tussen die hersende kampioen, Nieu-Seeland, en Kanada by die Ashton Gate Stadion in Bristol, England. Dit is 49ste wedstryd met die fluitjie vir Barrett-Theron en ‘n rekord 12de Wêreldbekerwedstryd. Maggie Cogger-Orr van Nieu-Seeland is in beheer van […]
# Rugby: Die All Black-skrumskakel Cameron Roigard is weer fiks nadat ʼn voetbesering hom twee maande op die kantlyn gehou het. Die 24-jarige sal Saterdag in Pukekohe vir Counties Manukau uitdraf in hulle provinsiale wedstryd teen Auckland. Roigard kan moontlik ook deel wees van Nieu-Seeland se komende twee Rugbykampioenskaps-kragmetings met Australië. Die Wallabies loop met […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n lastersaak teen New York Times aanhangig gemaak en eis skadevergoeding van sowat 260-miljard-rand van die media-organisasie. Hy beskuldig die Times dat hy vals aantygings teen hom, sy familie en sy sakeondernemings gemaak het en ʼn virtuele spreekbuis vir die Demokratiese Party is. Trump het die Times se […]