# Die familie van ‘n Britse egpaar wat byna agt maande deur die Taliban aangehou is, sê hulle is oorweldig van dankbaarheid en vreugde oor hul vrylating. Die 80-jarige Peter Reynolds en sy 76-jarige vrou Barbie, wat byna twee dekades in Afghanistan gewoon het, is op 1 Februarie op pad huis toe voorgekeer. Die egpaar […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het eienaars in kennisgestel dat Volkswagen Suid-Afrika 374 Amorakvoertuie herroep het wat tussen 10 Januarie en 12 Junie vanjaar vrygestel is. Die voertuie word herroep as gevolg van ‘n moontlike verlies van rembystand wat moontlik veroorsaak word deur die elektromeganiese remservo-beheereenheid. Volgens Volkswagen bly die remstelsel funksioneel maar benodig groter druk […]
# Motorsport: Lando Norris het die pas aangegee voor sy McLaren-spanmaat, titelmededinger en kampioenskapleier Oscar Piastri, in Vrydag se eerste oefening by die Azerbeidjan Grand Prix. Die 25-jarige Brit, wat 31 punte agter is in die stryd om die renjaerstitel, het die beste rondte aangeteken met sy 24-jarige Australiese mededinger tweede. ‘n Soortgelyke uitslag in […]
# Rugby: Die tafel is gedek vir ‘n opwindende einde aan die 2025 Curriebekerseisoen met die Leeus wat die Griekwas môre op Ellispark verwelkom. Die twee spanne het twee weke gelede vir hul enigste ander wedstryd van die seisoen teen mekaar gespeel. Die Leeus se gemaklike oorwinning van 37-7 in Kimberley en hulle tot bo-aan […]
# Die Europese Kommissie het ‘n nuwe sanksiespakket teen Rusland voorgestel. Dit is die 19de pakket sedert die volskaalse-aanval op Oekraïne in 2022. Al 27 die lidlande van die EU moet die plan goedkeur. EU-bronne het aan Reuters gesê die kommissie sal ‘n verbod voorstel op die invoere van Russiese vloeibare gas vanaf 1 Januarie […]
# Die veroordeelde moordenaar Thabo Bester se prokureur, Lerato Moela, het onttrek aan die voortgesette voorverhoor in die Vrystaatse Hooggeregshof. Advokaat MoAfrica Wa Maila het die saak oorgeneem. Bester, sy meisie Nandipha Magudumana, en medebeskuldigdes, insluitend voormalige personeel van die Mangaung Korrektiewe Dienste, staan tereg op aanklagte van hulpverlening met sy ontsnapping, bedrog, geldwassery, brandstigting […]
# ‘n Groep vooraanstaande ontleders meen die Kremlin het ‘n gekoördineerde inligtingsveldtog van stapel gestuur om een van sy ander buurstate te teiken met dieselfde retoriek wat voor die volskaalse aanval van 2022 teen Oekraïne gebruik is. Die Instituut vir die Studie van Oorlog sê senior persone in Moskou, waaronder lede van Vladimir Putin se […]
# Die ActionSA LP, Kgosi Letlape, pa van Thembekile Letlape, sê geen geregtigheid het geskied met die 15-jaar tronkstraf wat Sibusiso Zitha opgelê is vir die moord op sy dogter nie. Zitha het erken hy het haar verskeie kere in hul huis in Fourways met ‘n mes gesteek. Letlape voeg by die vonnis is nie […]
# Die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel bied ‘n G20-rondetafel by Bluewater Bay in Gqeberha aan, met die fokus op hawe-infrastruktuur, handelsgroei en werkskepping. Die uitvoerende hoof van die Oos-Kaapse Transnet Haweterminale, Wandisa Vazi, sê die hawens in Port Elizabeth, Ngqura en Oos-Londen het meer as 500-miljoen-rand in belegging getoon, wat doeltreffendheid en werkverskaffing verhoog. Sy het […]