# Die Franse mediareus Canal-Plus het sy oorname van Suid-Afrika se MultiChoice voltooi en daarmee ‘n magtige mediagroep gevorm met byna 70 lande regoor Afrika, Europa en Asië. Die transaksie van 35-miljard-rand volg na regulatoriese goedkeurings, met Canal-Plus wat ‘n ekonomiese belang van 49-persent het. MultiChoice se plaaslike lisensie bly onafhanklik beheer. Die transaksie versterk […]
# Nagenoeg tweeduisend-500 mense is gereed met hulle roosters op Loftus in Pretoria om op Erfenisdag ‘n Guinness-wêreldrekord te verbeter. Die plan is om Japan se 2023-rekord van tweeduisend-220 mense wat gelyktydig braai, te oortref. ‘n Woordvoerder van Guinness Wolrd Record Manchester, Glenn Pollard, het aan Newzroom Afrika gesê deelnemers moet die reëls volg en […]
# Tennis: Die voormalige wêreldnommer-een Novak Djokovic neem volgende maand by die Sjanghai Meesters-toernooi deel. Die 24-malige Grand Slam-kampioen het na sy nederlaag vroeg in September in die halfeindronde van die Amerikaanse Ope teen Carlos Alcaraz nog nie weer in ‘n amptelike wedstryd gespeel nie. Die 39-jarige Djokovic was daarna vaag oor sy planne vir […]
# Die Hooggeregshof in Mpumalanga het voormalige adjunkpresident David Mabuza se pensioensaak van 44-miljoen-rand tot volgende Dinsdag uitgestel. Mabuza se dogter, Tamara Silinda, beweer ‘n gebruiklike huwelik maak haar ma ‘n regmatige begunstigde, en betwis ‘n sertifikaat wat deur sy weduwee Nonhlanhla Mnisi ingedien is. Regter Johannes Roelofse het bevind teenstrydige dokumente maak ‘n uitspraak […]
# Die Suid-Afrikaanse organisasie Vriende van Israel waarsku Iran se groeiende invloed op die ANC se buitelandse beleid hou risiko’s in vir staatskaping en massiewe werkverliese. Hulle woordvoerder, Bafana Modise, vergelyk die situasie met die Guptas en sê buitelandse beleid word gekaap ten koste van gewone Suid-Afrikaners. Modise waarsku dat Suid-Afrika belangrike handelsvoordele soos die […]
# Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen sê leierskapskonflikte binne die SAPD belemmer misdaadbestrydingspogings. Booysen het reageer op getuienisse deur KwaZulu-Natal Polisiekommissaris Nhlanhla Mkwanazi en Nasionale Kommissaris Fannie Masemola voor die Madlanga-kommissie in Pretoria. Booysen, wat voor die Zondo-kommissie getuig het, sê niks het sedert 2011 verander nie en hy onthou […]
# Die GOOD-party het Suid-Afrikaners aangemoedig om op Erfenisdag te besin oor die opkoms van identiteitspolitiek en gewaarsku dat ekstremistiese sienings polities-winsgewend raak. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, het partye in die regering van nasionale eenheid, asook die opposisie gekritiseer oor veldtogte vir ras en etniese nasionalisme. Hy sê ongelykheid en onvervulde demokratiese beloftes […]
# Krieket: Ben Stokes is as Engeland se kaptein vir die As-toer aangewys in die groep wat Dinsdag aangekondig is vir vyf toetse teen Australië in November. Harry Brook is bevestig as Engeland se onderkaptein. Die snelbouler Mark Wood keer terug nadat die besering aan sy linkerknie genees het, terwyl die draaibouler Shoaib Bashir ook […]
# Die ANC Ad Hoc-komiteelid Mdumiseni Ntuli sê hulle sal die implikasies noukeurig oorweeg, nadat die KwaZulu-Natal Polisiekommissaris by die Madlanga Kommissie van Ondersoek na die DA-parlementslid Dianne Kohler Barnard verwys het. Ntuli het beklemtoon dat alle lede vrygespreek moet word indien hulle geïmpliseer word, en verwerp bewerings van manipulasie. Hy het beklemtoon dat enige […]