# Jaguar Land Rover sê hy gaan in die komende dae die vervaardiging van sy voertuie gedeeltelik hervat nadat ‘n kuberaanval bedrywighede by sy fabrieke in Brittanje tot stilstand gebring het. Die onderneming, wat besit word deur Tata Motors in Indië, het vroeër aangekondig hy is deur kuberkrakers geteiken, wat verkope en vervaardiging ernstig ontwrig […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê sy ondersoek na die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, sal tot November 2027 voortduur. Dit volg ná onthullings dat meer as twee-miljard-rand wat vir gesondheidsorg geoormerk was, gesteel is. Die eenheid se hoof, Andy Mothibi, sê siviele verrigtinge is aan die gang om die gesteelde geld terug te eis. Hy sê […]
# Rugby: Die slot Lood de Jager sal in Londen by die Springbokke aansluit nadat Franco Mostert in Suid-Afrika agetergebly het as gevolg van ‘n gesins-verlies. Die Bokke berei voor vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen die Pumas op Twickenham. De Jager het ‘n geringe besering opgedoen teen die All Blacks in Wellington, maar heeltemal […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid sê meer as twee-miljard-rand wat begroot is vir die Tembisa-hospitaal in Ekurhuleni, Gauteng, is gesteel deur drie misdaad-sindikate onder leiding van Hangwani Maumela en Vusi “Cat” Matlala; Rudolf Mazibuko; en Sindikaat X. Minstens 15 amptenare is betrokke, en luukse eiendomme en voertuie wat met die sindikate verbind word, word opgespoor om […]
# Eskom het bevestig eenheid 6 van die Kusile-kragstasie in Mpumalanga is amptelik in bedryf gestel, wat die suksesvolle voltooiing van Eskom se bouprogram aandui. Woordvoerder Daphne Mokwena sê hierdie mylpaal is ‘n noodsaaklike deel van die opwekkings-herstelplan en beeïndig bouwerk aan Suid-Afrika se twee uiters belangrike steenkoolkragstasies, Kusile, en Medupi in Limpopo. Sy sê met […]
# Oudpresident Thabo Mbeki verwelkom die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, se moed om korrupsie binne die strafregstelsel aan die kaak te stel. Die Madlanga-kommissie stel tans ondersoek in na Mkhwanazi se bewerings oor politieke inmenging in die strafregstelsel. Mbeki het in Durban aan SABC News gesê die ANC is geïnfiltreer deur persone op soek na […]
Die Africa Unite Borders Bus Trucks Association vra president Cyril Ramaphosa om ‘n proklamasie te onderteken om ondersoek in te stel na oortredings deur misdaadsindikate in die land. Die voorsitter, Phumudzo Mukhwathi, sê die vereniging het ‘n versoekskrif oorhandig oor onwettige busstaanplekke in Johannesburg, korrupte amptenare en regeringswerknemers wat as direkteure op meer as een […]
# Rugby: Die reuse-Wallabie-slot Will Skelton wil sy fisieke krag gebruik om die All Blacks te ontwrig in hulle moet-wen Rugbykampioenskapswedstryd in Perth nadat hy hulle pynvolle nederlaag in Auckland misgeloop het. Hy het weens klubverpligtinge vir La Rochelle in Frankryk nie in hulle twee tuiswedstryde teen Argentinië gespeel nie. Skelton was ook nie Saterdag […]
# Tennis: Die wêreld-nommer-twee, Jannik Sinner, het die Hongaar Fabian Marozsan in skoon stelle geklop om die derde agtereenvolgende jaar die halfeindronde van die Chinese Ope te bereik terwyl Iga Swiatek die laaste sestien bereik toe haar teenstander weens ‘n besering onttrek het. Sinner het die 57ste op die wêreld-ranglys 6-1, 7-5 geklop en speel […]