# Die Nasionale Mynwerkersunie veroordeel die toeken van ‘n tender vir ‘n batterybergingsprojek ter waarde van 9,5 miljard-rand aan Mulilo Energy, onder voorsitterskap van die voormalige Eskom-bedryfshoof, Jan Oberholzer. Die vakbond sê dit kom neer op ‘n ernstige belangebotsing en ondermyn openbare vertroue. Khangela Baloyi van NUM vra dat die transaksie geskrap moet word en […]
# Die Wes-Kaapse Staande Komitee oor Maatskaplike Ontwikkeling sal binnekort ‘n multisektor-dialoog aanbied om gapings in kinderbeskerming aan te spreek. Wendy Kaizer-Philander van die DA sê dit val saam met Kinderbeskermingsweek en Jeugmaand. Sy het ‘n beroep gedoen op optrede om Suid-Afrika se kinders te beskerm en ‘n verenigde front teen kindermishandeling en -verwaarlosing te […]
# ‘n Nuwe studie waarsku klimaatsverandering vererger seksuele gesondheidsgevare vir jongmense in Kenia. Droogte en vloede veroorsaak onsekerheid rondom voedsel, water en sanitasie, en stel die jeug, veral meisies tussen tien- en 14-jaar, bloot aan seksuele geweld, seks vir betaling en vroeë swangerskappe. Navorsers bepleit die insluiting van klimaatsreaksies in geslagsensitiewe, jeuggerigte gesondheidsdienste. Die bevindings […]
# ASP Isotopes het ‘n strategiese vennootskap met Isotopia Molecular Imaging aangegaan om Gadolinium-160 te verskaf, noodsaaklik vir die vervaardiging van ‘n kankerbestrydende isotoop terbium-161. ASP sal sy kwantumtegnologie gebruik om aan die groeiende mediese aanvraag te voldoen. Die ooreenkoms teiken prostaatkanker, neuro-endokriene gewasse en ander kwaadaardighede, en verwyder belangrike voorraad-bottelnekke. Die uitvoerende hoof van […]
# Tennis: Lois Boisson van Frankryk, wat 361ste op die wêreldranglys is, het die Amerikaanse derde gekeurde Jessica Pegula in drie stelle oorrompel om die Franse Ope-kwarteindronde te haal. Die 22-jarige promotorskeuse het met 3-6, 6-4, 6-4 gewen en word die eerste Franse speler wat die laaste agt van hul tuis-Grand Slam haal sedert 2017. […]
# Sokker: Frankryk se 2018 Wêreldbeker-wenner, Antoine Griezmann, het sy kontrak met Atletico Madrid tot 2027 verleng. Die 34-jarige Griezmann is Atletico se voorste doelskieter van alle tye, met 197 doele tydens sy tyd by die klub. Sy vorige kontrak sou tot 2026 duur. Die veteraan-voorspeler het in 2025 gesukkel met sy spelpeil, en het […]
# Die voorsitter van die African Diaspora Network, Vusumuzi Sibanda, vra vir gebalanseerde kwotas terwyl skaars vaardighede gelok word. Dit volg nadat die kabinet verlede week die Witskrif oor die Nasionale Arbeidsmigrasiebeleid goedgekeur het. In ‘n onderhoud met Newzroom Afrika sê Sibanda dat, hoewel die beleid die indiensneming van buitelandse burgers in sleutelsektore reguleer, swak […]
# Tennis: Die derde gekeurde Alexander Zverev se plek is verseker in sy sewende Franse Ope-kwarteindstryd nadat sy Nederlandse teenstander, Tallon Griekspoor, in die tweede stel beseer is. Die Duitse Zverev, wat verlede jaar in die eindstryd teen Carlos Alcaraz verloor het, was met 6-4, 3-0 voor toe Griekspoor die stryd gewonne gegee het. Zverev […]
# Tennis: Op Roland Garos moes die 18-jarige Rus, Mirra Andreeva, hard veg om vir die tweede agtereenvolgende jaar die Franse Ope-kwarteindstryd te haal. Die sesde gekeurde het ‘n oorwinning van 6-3, 7-5 teen die Russies gebore Australiër Daria Kasatkina beklink. Coco Gauff het vir die vyfde keer in ‘n ry deurgedring na ‘n Franse […]