# Die FNB-Buro vir Ekonomiese Navorsing se siviele vertrouensindeks het in die derde kwartaal van 2025 van die vorige 41 tot 43 gestyg. ‘n FNB-ekonoom Siphamandla Mkhwanazi sê die styging in verbruikersentiment volg ten spyte van swakker konstruksiebedrywighede, met byna 55-persent van die respondente wat ontevrede is met saketoestande. Hy voeg by basiseffekte verklaar waarskynlik […]
# Rugby: Springbok-afrigter Rassie Erasmus het vier veranderings aan sy wedstrydgroep aangebring vir Saterdag se laaste Rugbykampioenskapswedstryd teen die Pumas op Twickenham in Londen. Ox Nché keer terug na die opdrafspan en Grant Williams, Jesse Kriel en Bongi Mbonambi is op die bank. Nché moes verlede week kort voor die toets in Durban onttrek weens […]
# Belangrike Moslemlande het hul steun verklaar vir ‘n plan van die Amerikaanse president Donald Trump om die oorlog in Gaza te beeïndig, terwyl sommige Palestyne die plan as ‘n “klug” afgemaak het. Agt Arabiese of Moslem-meerderheidslande sê hulle verwelkom Trump se opregte pogings om die oorlog te beeïndig. In ‘n gesamentlike verklaring het Egipte, […]
# Die Hooggeregshof in Mpumalanga het gelas dat Alexander Forbes die pensioenuitbetalings van voormalige adjunkpresident David Mabuza moet opskort. Die fondse, wat na bewering opsy gesit is vir sy vrou, Nonhlahla Mnisi, is nou gevries ná ‘n dringende aansoek deur Mabuza se dogter uit ‘n tradisionele huwelik, Tamara Silinda. Sy eis 40-duisend-rand vir maandelikse onderhoud […]
# Die Organisasie teen Belastingmisbruik en ander burgerlike samelewingsgroepe veroordeel die intimidasie van die voorsitter van die Parlement se Staande Komitee oor Openbare Rekeninge, Songezo Zibi, en verklikkers wat verbind word met die Padongelukkefonds-ondersoek. Die groepe, insluitend die Ahmed Kathrada-stigting en Amnestie Internasionaal, eis dat lede van die Parlement en getuies beskerm word sodat die […]
# Rugby: Die Stormers is versterk met die terugkeer van drie staatmakers voor die tweede ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Die oud-Springbok Deon Fourie, die Skotse toetsspeler Oli Kebble en die vaskopstut Sazi Sandi het almal van beserings herstel en is beskikbaar om Vrydagaand in Kaapstad teen Ospreys te speel. Die Stormers het die seisoen […]
# Tennis: Wêreld nommer een, Carlos Alcaraz, is die Japanese Ope-kampioen. Die Spanjaard het die bordjies verhang na sy onlangse nederlaag in die Laver-beker toe hy die Amerikaner, Taylor Fritz in skoon stelle verslaan het in Tokio om sy agtste titel van die seisoen te wen. In Beijing, het wêreld nommer twee, Jannik Sinner, die […]
# Die KwaZulu-Natal rampbestuursentrum moniteer hoë-risiko gebiede nadat swaar reën paaie in die provinsie ontwrig het. ‘n Bakkie is gister van ‘n lae brug in Pietermaritzburg af weggespoel, met die bestuurder wat veilig ontsnap het. Die woordvoerder van die Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Senzelwe Mzila sê ‘n vlak vier weerwaarskuwing bly in […]
# Die DA waarsku dat 43 waarnemende aanstellings in eenhede van die Gauteng Groei en Ontwikkelingsagentskap werkskepping benadeel. Mike Moriarty van die DA sê in sekere poste, insluitende uitvoerende hoofde, hoof- finansiële bestuurders, en betaalstaatbeamptes, is mense al vir langer as vier jaar waarnemend. Hy voer aan sonder permanente personeel, het sulke entiteite nie stabiliteit […]