# Die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en kulturele aktivis, Zukiswa Wanner, het regerings versoek om die volksmoord in Gaza te beëindig. Sy is deel van die Global Sumud-flottielje en sê nasies moet ophou om Israel te befonds en te bewapen. Wanner vra lande soos Turkye, Italië en Spanje om simboliese gebare in beslissende optrede te omskep. […]
# Die ANC-jeugliga sê wyle Suid-Afrikaanse ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, het sy jeug en energie toegewy aan die bevrydingstryd en die bemagtiging van jongmense in die beweging. Die liga se woordvoerder, Zama Khanyase, sê as nasionale uitvoerende lid van die liga in die 90’s het Mthethwa ‘n belangrike rol gespeel om die jeug te […]
# Die perseel van München se Oktoberfest sal tydelik gesluit bly nadat ‘n brand en ontploffing ‘n gebou in die suidelike deel van die Duitse stad geruk het. Die organiseerders van die bierfees sê op hulle webwerf dat hulle ‘n bomdreigement ontvang het. Die polisie sê ploftoestelle is in ‘n woonstelgebou in die noorde van […]
# Action Society het ‘n amptelike klag by die Openbare Beskermer ingedien oor die polisie se hantering van die moord op die vierjarige Tamia Botha in Paarl-Oos in die Wes-Kaap in 2022. Drie jaar later is daar steeds nie enige verdagtes aangekeer nie, en die familie ontvang teenstrydige opdaterings. Juanita du Preez van die organisasie […]
# Landdros Twanet Olivier het die EFF-leier Julius Malema in die Oos-Londense Streekhof skuldig bevind op aanklagte van die afvuur van ‘n vuurwapen tydens EFF-vieringe in Julie 2018. Bly ingeskakel vir meer hieroor.
# President Cyril Ramaphosa betreur die dood van Suid-Afrika se ambassadeur in Frankryk, Nathi Mthethwa, wat in Parys op die ouderdom van 58 oorlede is. Ramaphosa het sy meegevoel betuig met sy vrou, Philisiwe Buthelezi, sy familie en kollegas. Hy het Mthethwa geloof vir sy diens in die kabinet as minister van Sport, Kuns en […]
# Die Amerikaanse president Donald Trump het ‘n ultimatum van “drie of vier dae” aan Hamas gestel om te reageer op sy plan vir Gaza, terwyl die militante groep die voorstel oorweeg wat deur Israel gesteun word. Die plan eis ‘n wapenstilstand, Hamas se vrylating van gyselaars binne 72 uur, die ontwapening van Hamas en […]
Die Breast Imaging Society of South Africa vra vroue om hul risiko vir borskanker te bepaal, met gevalle onder jonger vroue wat toeneem. Oktober is borskankerbewustheidsmaand, en die vereniging sê 20-persent van borskankergevalle in Suid-Afrika kom voor by vroue onder 40. Peter Schoub van die organisasie waarsku dat laat diagnose ‘n groot uitdaging bly en […]
# Getuienis by die Madlanga-kommissie in Pretoria dui aan sakeman en ANC-beïnvloeder, Brown Mogotsi, het toegang tot geklassifiseerde polisie-inligting gehad. Die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, het aan die kommissie gesê Mogoti het geweet van die ontbinding van die KwaZulu-Natal taakspan vir politieke moorde, voor die aankondiging gemaak is. Khumalo sê Mogotsi het Vusimuzi “Cat” […]