# Die Internasionale Lugvervoervereniging voorspel dat lugrederye wêreldwyd se netto winste in 2025 tot 644-miljard-rand sal styg, teenoor die 57-miljard-rand van verlede jaar. Die vereniging se direkteur-generaal, Willie Walsh, sê laer vliegtuigbrandstofpryse en verhoogde passasiersaanvraag verhoog die winsmarges, ten spyte van wêreldwye mark-onsekerheid. Walsh skat passasiersgetalle kan ongeveer vyf-miljard bereik, met ‘n verwagte algehele inkomste […]
# Tongaat Hulett het Gavin Dalgleish aangestel as uitvoerende hoof om die finale fase van sy sakereddingsplan te lei. Dalgleish, in die suikerbedryf bekend as omdraaispesialis, sal die maatskappy se oorgang lei na die Vision-groep, die nuwe eienaars. Sy leierskap sal na verwagting stabiliteit en kontinuïteit verseker. Tongaat sê die sakereddingsplan vorder goed. Alle uitleen-verpligtinge […]
# Suid-Afrika se Departement van Handel en die Ministerie van Handel in Lesotho het ooreengekom om handels- en beleggingsamewerking te versterk. Die ooreenkoms volg ná ‘n vergadering in Pretoria tydens Lesotho se weeklange studiebesoek oor handelsraamwerke. Sleutelfokuspunte vir samewerking sluit inheemse plante, oorgrenswaardekettings en die benutting van handelsooreenkomste soos die tussen die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap en […]
# Floyd Shivambu van die MK-party het belowe om sy nuwe rol in die Parlement te gebruik om die party voor volgende jaar se plaaslike regeringsverkiesing en die algemene verkiesing in 2029 te versterk. Sy herontplooiing volg na ‘n dissiplinêre besluit oor ‘n ongemagtigde reis na Malawi, waar hy die voortvlugtige Shepherd Bushiri se kerk […]
# Tennis: Iga Swiatek het na die halfeindronde by Roland Garros deurgedring na ‘n oorwinning in skoonstelle oor die 13de gekeurde Elina Svitolina. Swiatek het die voormalige wêreldnommer-drie met 6-1, 7-5 geklop en probeer om ‘n rekord van 102 jaar te ewenaar deur vier agtereenvolgende Franse Ope-titels te wen. Die vyfde gekeurde Pool sal teen […]
# Ghana en die Verenigde Arabiese Emirate het ‘n ooreenkoms van 17-miljard-rand onderteken om ‘n toonaangewende kunsmatige intelligensie- en tegnologiesentrum te bou. Die sentrum sal probeer om groot tegnologiemaatskappye soos Microsoft en Meta te lok. Die inisiatief is deel van ‘n breër strategie om albei die lande as leiers in kunsmatige intelligensie-innovering te posisioneer deur […]
# Die eerste Lekgotla van Operasie Phumelela het by die Johannesburgse Effektebeurs in Sandton byeengekom. Die Lekgotla fokus op die uitbreiding van uitvoere met die verbetering van regulatoriese raamwerke en hoe om globale beleggings te lok. Dit word gelei deur die uitvoerende hoof van die Johannesburgse Effektebeurs, Leila Fourie. Sy beklemtoon die byeenkoms is daarop […]
# Die DA doen ‘n beroep op die weermag om die sloping van woonwahuise in Postmasburg in die Noord-Kaap te bespoedig. Dit volg nadat ‘n weermagsersant se vrou en dogter verlede jaar in een van twee brande in militêre woonwahuise in die dorp doodgebrand het. Die huise is reeds jare gelede onveilig verklaar vir menslike […]
# Die Departement van Indiensneming en Arbeid sal vandag en môre geteikende toesigbesoeke doen by ondernemings in die konstruksie- en gasvryheidsektore in Knysna in die Wes-Kaap. Dit is deel van ‘n program deur minister Nomakhosazana Meth om dienste nader aan die mense te bring. Die besoeke sal bepaal of ondernemings die arbeidswette volg. Die Ministerie […]