# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het onthul dat adjunkministers in die Ministerie van Polisie tans geen gedelegeerde verantwoordelikhede het nie. Mathale het aan die parlementêre ad hoc-komitee erken hy is al vir meer as ‘n jaar in die pos sonder enige spesifieke take, maar dring aan hy en sy kollegas is nie ledig […]
# Die ministerie van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede verwelkom die arrestasie van ‘n verdagte na die moord op twee jong vroue in Mamelodi-Oos, Tshwane. Minister Sindisiwe Chikunga veroordeel die geweld en prys die polisie vir hul vinnige reaksie, en vra onmiddelike regsoptrede. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Landdroshof in […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die leierskap binne die SAPD moet spanwerk eerder as interne gevegte bevorder. Mathale het gepraat oor bewerings van interne geskille en sê meningsverskille bestaan, maar leiers moet samehangende spanne bou om misdaad doeltreffend te bestry. Hy beklemtoon sukses hang van […]
# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith verwag ‘n vinnige wedstryd op ‘n hibriede oppervlak wanneer hulle Saterdag teen Japan speel op die Wembley-sokkerstadion in Londen. Baie Bok-spelers het ondervinding van hibriede oppervlakke in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Engelse Premierliga en weet wat om te verwag. Smith sê hy en ander Bokke wat in Japan […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110-duisend mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, […]
# Die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet wie 20-miljard-rand van die belastingbetaler se geld bestuur. Die party eis dat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, die volledige lys vrystel van aanstellings deur die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid wat verlede maand gemaak is, insluitend die name, agtergrond en sektore […]
# Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word versoek om waaksaam te bly aangesien erge donderstorms in die westelike en noordelike dele van die provinsie verwag word. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het inwoners in laagliggende areas en gebiede waar vloede voorkom, aangeraai om voorsorg te tref, kinders binnenshuis te hou, oorstroomde riviere […]
# Rugby: George Ford is bo Fin Smith verkies as losskakel in Engeland se opdraf-span vir Saterdag se toets teen Australië op Twickenham. Smith is op die bank en Marcus Smith is heeltemal weggelaat. Ford, ‘n veteraan van 102 toetse, behou die nommer 10-trui wat hy tydens die onlangse toer na Argentinië en Amerika gedra […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies […]