#Die EFF is bekommerd oor die besluit van die parlement om die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die vul van vakatures in die Verkiesingskommissie goed te keur. Die party sê die besluit verontagsaam die bevindinge en aanbevelings van die paneel onder voorsitterskap van hoofregter Mandisa Maya, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitees oor Vervoer en ook Handel, Nywerheid en Mededinging, het met swart handelaars vergader oor kommer oor die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se opdrag om die 25-jaar huurkontrakte by Durban se Transnet Island View-distrik te hernu. Handelaars beweer oliereuse beheer hawe-infrastruktuur en berperk billike toegang. Creecy en die minister van […]
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het PRASA se hernubare energie-inisiatief bekendgestel en die 300ste plaaslik-geboude trein in Isipingo, KwaZulu-Natal, gevier. Creecy het aan Newzroom Afrika gesê die treine wat van Suid-Afrikaanse staal gemaak is, dui op vordering in gevorderde vervaardiging en werkskepping. Die minister het ook die nuwe Isipingo winkelsentrum in KwaZulu-Natal geopen,wat […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het onthul dat adjunkministers in die Ministerie van Polisie tans geen gedelegeerde verantwoordelikhede het nie. Mathale het aan die parlementêre ad hoc-komitee erken hy is al vir meer as ‘n jaar in die pos sonder enige spesifieke take, maar dring aan hy en sy kollegas is nie ledig […]
# Die ministerie van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede verwelkom die arrestasie van ‘n verdagte na die moord op twee jong vroue in Mamelodi-Oos, Tshwane. Minister Sindisiwe Chikunga veroordeel die geweld en prys die polisie vir hul vinnige reaksie, en vra onmiddelike regsoptrede. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Landdroshof in […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die leierskap binne die SAPD moet spanwerk eerder as interne gevegte bevorder. Mathale het gepraat oor bewerings van interne geskille en sê meningsverskille bestaan, maar leiers moet samehangende spanne bou om misdaad doeltreffend te bestry. Hy beklemtoon sukses hang van […]
# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith verwag ‘n vinnige wedstryd op ‘n hibriede oppervlak wanneer hulle Saterdag teen Japan speel op die Wembley-sokkerstadion in Londen. Baie Bok-spelers het ondervinding van hibriede oppervlakke in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Engelse Premierliga en weet wat om te verwag. Smith sê hy en ander Bokke wat in Japan […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110-duisend mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, […]
# Die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet wie 20-miljard-rand van die belastingbetaler se geld bestuur. Die party eis dat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, die volledige lys vrystel van aanstellings deur die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid wat verlede maand gemaak is, insluitend die name, agtergrond en sektore […]