# Die Men’s Council of South Africa doen ‘n beroep op alle burgerlike organisasies, tradisionele leiers en Suid-Afrikaners om die Konstitusionele Hof se uitspraak oor mans wat vroue se vanne gebruik, te betwis. Die stigter en president van die raad, Fikile Dyantyi, sê die raad vrees dat hierdie uitspraak kan lei tot die erosie van […]
# Die DA het onthul dat 57 polisie-lede wat na dissiplinêre verhore afgedank is vir misdade soos verkragting, moord, bedrog en korrupsie, tussen 2015 en 2025 weer deur die provinsiale- of afdelingskommissarisse aangestel is. Nicholas Gotsell van die DA sê meeste van die afdankingsbevele is met met kort skorsings of skriftelike waarskuwings vervang. Hy sê […]
# Die Departement van Menslike Nedersettings in Gauteng veroordeel die misleidende inligting in sekere mediaberigte wat impliseer die behuisingsagterstand in die provinsie staan op 1,4-miljoen huise. Die woordvoerder van die departement, Tahir Sema, sê hierdie getal is nie ‘n akkurate weergawe van die werklike agterstand nie. Hy sê dit verteenwoordig die totale aantal name op […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mmamoloko Kubayi, sê die Galg-opgrawingsprojek het die liggame hewin van diegene wat as politieke gevangene gehang is, en hulle families gehelp om hulle tuis met waardigheid te begrawe. Kubayi sê die Ballingskaprepatriasieprojek sal voortgaan om sy werk te doen om die oorblyfsels te herwin van mense wat […]
# Die Departement van Kleinsake-ontwikkeling moedig entrepreneurs en kleinsake-eienaars aan om hul aansoeke vir die Ondersteuningsprogram vir Sake-infrastruktuur voor die sperdatum op 30 September in te handig. Die program wil die groei en volhoubaarheid van Klein, Medium en Mikro-ondernemings verbeter deur die daarstelling van kritieke infrastruktuur, toerusting, tegnologie en energie-oplossings, veral in onderbediende gebiede. Die […]
# Die DA in die Wes-Kaap het sy verbintenis herbevestig om boere te ondersteun met betroubare veeartsenykundige dienste en uitvoergereed gehalteversekering. Noko Masipa van die DA sê tydens die opknapping van die Provinsiale Veeartsenykundige Laboratorium het die Department van Landbou slegs 80-persent van sy teikens behaal. Hy sê die opknappingstyd het ooreengestem met die verhoogde aanvraag […]
# The DA in Gauteng verwelkom die Batebeslagleggingseenheid se konfiskering van bykans 400-miljoen-rand se bates van Hangwani Maumela en Rudolph Mazibuko. Jack Bloom van die DA sê dit volg nadat ondernemings verdagte kontrakte by Tembisa-hospitaal bekom het, wat die fluitjieblaser, Babita Deokaran, probeer keer het voor sy vermoor is. Hy sê in Maumela se geval […]
# Die UDM doen ‘n beroep op die regering om met planne vorendag te kom om die voortslepende forensiese agterstand in Suid-Afrika aan te spreek. Die waarnemende sekretaris-generaal van die UDM, Zandile Phiri, sê die landswye agterstand word vererger deur meer as 140-duisend DNS-gevalle wat sedert Mei hierdie jaar uitstaande is. Dit sluit meer as 28-duisend […]
# Stad Kaapstad het die vyfde uitgawe van sy belangrike plekbemarkingstydskrif, This Is Cape Town, uitgegee. Die publikasie beklemtoon die stad se ses temas vir bemarking, naamlik Besoek, Leef, Werk, Studeer, Speel en Belê. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Groei, James Vos, sê volume vyf belig die Khayelitsha-modeweek, die wynroetes in die metro en omliggende streke, […]