# Rugby: Die Haaie se senter Lukhanyo Am, sê hy is vasberade om weer sy plek in die Springbok-groep terug te kry. Die 2019-Wêreldbekerwenner het, as gevolg van beserings, verlede November laas vir die Bokke teen Engeland gespeel. Die Haaie berei voor om in die derde ronde van die Verenigde Rugbykampioenskap, Saterdag teen Leinster in […]
# Die Staatspensioenfonds het aangekondig aansoeke vir tweepot-pensioenonttrekkings word tydelik opgeskort, en dit is onmiddellik van krag tot 21 Oktober. Die onderbrekings laat die fonds toe om sy stelsels op datum te kry met nuwe aktuariële rentefaktore om te verseker voordele word akkuraat bereken. Ander voordele, insluitend aftree- en sterfte-uitbetalings, sal voortgaan. Die fonds sê […]
# Die ma’s en gogo’s van die One to One Africa-liefdadigheidsorganisasie in die Oos-Kaap, gebruik musiek om gemoedere en siele in sukkelende gemeenskappe te genees met ‘n gemeenskapsgesondheids-ingryping bekend as die Chime-veldtog. Chime mentor ma’s wat opgelei is in basiese gesondheidsorg om oorspronklike liedjies te gebruik om trauma en angs te verlig. Die uitvoerende direkteur, […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging sê hy staan in volle solidariteit met alle geloofsleiers, gemeentes, en gemeenskappe wat vandag aan ‘n vreedsame betoging in Pretoria deelneem. Die party sê die optrede is teen die kommissie vir die regte van kulturele, godsdienstige en taalkundige gemeenskappe se hernude pogings om geloof te reguleer onder die dekmantel van aanspreeklikheid. […]
# ‘n Agtienjarige seun is in hegtenis geneem in verband met die moord op sy biologiese babaseun van vyf maande in die Jimmy Jones-dorpsgebied in Malamulele, Limpopo. Polisiewoordvoerder Malesela Ledwaba sê die kind se ma het ‘n saak van huishoudelike geweld by die plaaslike polisiestasie aangemeld nadat die beskuldigde haar na bewering aangerand het. Hy […]
# Die Vereniging van Staatsamptenare, moedig die regering en werkgewers aan om die regte van werkers, insluitend regverdige betaling, veilige omstandighede, werksekerheid en loopbaan groei, te handhaaf. Claude Naicker van die vakbond beklemtoon die kwesbaarheid van vastetermyn werknemers en gemeenskapwerkers, en wys daarop dat respek vir, en bemagtiging van staatsamptenare instellings versterk, dienslewering verbeter, en […]
# ‘n Groot indeksverskaffer het Viëtnam vir die eerste keer as ‘n ontluikende mark aangewys. Dit is ‘n lankverwagte opgradering wat buitelandse belegging in een van Suidoos-Asië se vinnigste groeiende ekonomieë kan versnel. FTSE Russell herklassifiseer Viëtnam as ‘n sekondêre ontluikende mark, ‘n benaming wat dit in dieselfde kategorie as China en Indië plaas. Die […]
# Die hoof van die Europese Unie, Ursula von der Leyen, sê Europa moet sy verdediging versterk om Rusland se hibriede oorlogvoering teen te staan. Dit volg op ‘n reeks luginvalle, kuberaanvalle en skade aan ondersese kabels. Von der Leyen noem dit ‘n samehangende en verergerende veldtog teen Europa en sê die vasteland moet reageer. […]
# Die NUM, wat 15-duisend Eskom-werknemers verteenwoordig, eis in die aanloop tot die komende salarisonderhandelings, ‘n loonverhoging van tot 15-persent, meer as vier keer meer as die inflasiekoers. Dit volg ná Eskom se eerste wins in agt jaar en die stabilisering van die kragnetwerk. NUM is gekant teen Eskom se plan om vakbond-erkenning oor ontbondelde […]