# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu het aan die parlementêre ad hoc-komitee gesê dat hy die brief om die taakspan vir politieke moorde te ontbind, in sy huis in KwaZulu-Natal geskryf het. Mchunu, wat daarvan beskuldig word dat hy sy mandaat oorskry het deur die taakspan te ontbind, hou vol dat niemand anders by […]
# Sokker: Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, het vyf-miljoen-rand se bonusse aan Bafana Bafana se spelers en personeel beloof nadat hulle die eerste keer in 16-jaar vir die Wêreldbekertoernooi gekwalifiseer het. McKenzie het die aankondiging in die kleedkamer gedoen na Suid-Afrika se oorwinning van 3-0 oor Rwanda en hulle vasberadenheid geprys. […]
# Rugby: Die president van SA Rugby, Mark Alexander, het SA Rolstoelrugby gelukgewens met hul onlangse vertoning by ‘n toernooi in Noorweë. SA Rolstoelrugby, ‘n geassosieerde lid van SA Rugby, is as die Europese Afdeling C-kampioene gekroon tydens ‘n toernooi in Skien, Noorweë. Hulle het Ierland in die eindstryd met 62-29 verslaan om die goue […]
# Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, het die getekende prestasie-ooreenkomste van alle lede van sy Uitvoerende Raad vrygestel, wat deursigtigheid en dienslewering bevorder. Die ooreenkomste omskryf elke LUR se belangrikste verantwoordelikhede, uitsette, teikens en tydlyne. Dit omskep provinsiale prioriteite soos inklusiewe groei, misdaadvermindering, watersekerheid en elektrisiteitstabiliteit in uitvoerbare planne. Die Gautengse provinsiale woordvoerder, Elijah […]
# Duisende Keniaanse ondersteuners het vandag na die Jomo Kenyatta-internasionale lughawe gestroom om die liggaam van die voormalige eerste minister, Raila Odinga te ontvang. Die 80-jarige is gister in Indië aan ‘n hartaanval oorlede terwyl hy gaan stap het. Odinga, wat in die volksmond “Baba” genoem is, is ‘n waterkanonsaluut met sy aankoms gegee. Bedrywighede […]
# Die Nelson Mandela-stigting het aangekondig dat die 23ste jaarlikse Nelson Mandela-lesing nou in die Sandton-konvensiesentrum in Johannesburg sal plaasvind. Die geleentheid sal steeds die 25ste van dié maand om drie-uur die middag begin. Die verskuiwing volg op oorweldigende belangstelling nadat kaartjies binne 30-minute uitverkoop is. Die Verenigde Nasies se spesiale rapporteur oor die Besette […]
# ActionSA en die Patriotic Alliance het in gister se tussenverkiesings wyke gewen wat voorheen deur die ANC gehou is. Raymont Ismael Steenkamp van die PA het wyk 29 in Johannesburg gewen en Julian Alan Matthysen het ‘n oorwinning behaal in wyk 6 in Swellendam. Moses Moumakwa van ActionSA het wyk 7 in die Ramotshere […]
# Rugby: Die Haaie se groot kanonne is terug vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskapswedstryd teen Ulster op Kingspark in Durban. Die Springbokvoorspelers Ox Nché, Eben Etzebeth en Siya Kolisi sluit na hulle triomfantlike Rugbykampioenskaps-veldtog aan by hulle mede-Bokke, Bongi Mbonambi en Vincent Koch, in die opdrafspan. Die skrumskakel Grant Williams en die binnesenter André Esterhuizen […]
# Die Forum vir Gyselaars en Vermistes se Families doen ‘n beroep op die Israeliese regering om onmiddellik die instelling van enige verdere fases van die ooreenkoms te staak. Die forum meen Hamas hou aan om sy verpligtings te skend wat betref die terugkeer van alle gyselaars en die oorskot van slagoffers. Volgens die raamwerk […]