# Die Franse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewaagde rooftog in die Louvre-museum, insluitend die hoofverdagte wie se DNS op die toneel gevind is. Vier diewe het op 19 Oktober ‘n vragmotor met ‘n hysbak en snytoerusting gebruik om by ‘n galery op die eerste verdieping in te […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gaan voort met die werwing van vyf-duisend-500 rekrute en nooi duisende aansoekers van al nege provinsies uit om psigometriese en integriteits-assesserings te ondergaan. Die woordvoerder van die Polisie, Amanda van Wyk sê die veelfaseproses sluit liggaamlike fiksheid, keuring en mediese ondersoeke in. Sy sê voorkeur word gegee aan gegradueerdes met NQF6 […]
# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê om teen 2030 universele elektrisiteitstoegang te bereik, sal na raming 75-miljard-rand kos. Daar is 1,6-miljoen oorblywende huishoudings wat nog nie verbind is nie. Die adjunk-direkteur-generaal, Thabo Kekana, het aan die Parlement gesê die huidige befondsing- en leweringsmodelle onder die Geïntegreerde Nasionale Elektrifiseringsprogram is nie voldoende nie. Die […]
# Die Valke-kaptein, Barry Kruger, het voor die Madlanga-kommissie beken dat spanning tydens die arrestasie van sakeman Katiso “KT” Molefe in Sandhurst so hoog geloop het dat dit maklik in ‘n skietgeveg kon ontaard het. Kruger, wat in die Taktiese Operasionele Bestuursafdeling dien, is die derde getuie wat duidelikheid gegee oor die Desember-inhegtenisneming. Hy sê […]
# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê voorbereidings vir die plaaslike verkiesing in 2026 sal fokus om verlore aansien in die Wes-Kaap en Gauteng te herwin. Die Nasionale Uitvoerende Komitee het ‘n provinsiale trustee aangestel om ANC-strukture te herbou en te stabiliseer na ‘n nege-persent afname in steun in die Wes-Kaap. Hy het […]
# Die Valke-kaptein, Barry Kruger, sê hy het waarskuwings geïgnoreer dat die inhegtenisneming van sakeman Katiso “KT” Molefe wettig was, en ‘n polisiehelikopter ontplooi en ekstra beamptes aangevra ten spyte daarvan dat hy meegedeel is die operasie was wettig. Kruger het die Madlanga-kommissie meegedeel hy het nie die lasbrief vir inhegtenisneming nagegaan nie en was […]
# Die jongste syfers deur Statistieke Suid-Afrika toon ‘n toename in ondernemings wat misluk. Totale likwidasies het in September met byna 24-persent gestyg vergeleke met verlede jaar. Maatskappylikwidasies het met 16 gevalle toegeneem, en beslote korporasies met 12. Onica Mushwana van Stats SA sê die eerste nege maande van die jaar het ‘n 3,8-persent toename […]
# Die Duitse regering het ‘n verhoging van die minimumloon tot 291-rand per uur goedgekeur, die grootste verhoging sedert die land ‘n dekade gelede minimumlone ingestel het. Die verhoging sal in twee fases plaasvind. Die Minister van Arbeid, Baerbel Bas, sê ses-miljoen werknemers sal merkbaar meer ontvang en maatskappye kan die stygende koste oor twee […]
# Inwoners van ‘n krotbuurt in Rio de Janeiro het meer as 40 liggame op ‘n plein in rye neerlê ná die bloedigste polisie-operasie in die stad se geskiedenis. Daar is nog geen amptelike bevestiging of dit die 60 vermeende lede van ‘n dwelmbende insluit wat Dinsdag in ‘n reuse teendwelm-operasie in twee krotbuurte in […]