# Die DA sê die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se skuld plaas plaaslike ondernemings onder finansiële druk, met sommige wat ernstige probleme ondervind omdat hulle nie betyds vir gelewerde dienste betaal word nie. Volgens die party skuld die munisipaliteit meer as elf-miljard-rand aan krediteure, insluitend miljarde wat aan Eskom en Rand Water verskuldig is. Kingsol Chabalala […]
# Die Stad Kaapstad sê watervoorraad bly bestendig, maar die risiko van waterbeperkings het toegeneem weens stygende aanvraag en onsekere reënval. Damvlakke was vroeg in Julie ongeveer 76-persent na goeie reën, maar voorspellings dui op ondergemiddelde reënval. Die burgemeesterskomiteelid vir Water en Sanitasie, Zahid Badroodien, sê die stad belê in nuwe waterbronne, insluitend grondwater, die […]
# Goudprodusent DRDGold rapporteer ‘n sterk finansiële prestasie vir die 2026-boekjaar. Die bedryfswins het met 83-persent gestyg tot elf-miljard-rand, terwyl wesensverdienste met 89-persent tot vier-miljard-rand gestyg het. Goudproduksie het vier-duisend-839 kilogram bereik, hoër as die teiken. Die maatskappy sê meer as vyf-miljard-rand wat in sy visie 2028-groeiprogram belê is, begin opbrengs lewer, met nuwe infrastruktuur […]
# Sokker: Senegal het die voormalige Frankryk-kaptein Patrick Vieira as sy nuwe hoofafrigter vir die mans se nasionale span aangestel. Die 50-jarige, wat in Dakar gebore is, vervang Pape Thiaw nadat Senegal by die 2026 FIFA Wêreldbeker uitgeskakel het. Vieira het voorheen klubs soos Crystal Palace, Nice en Genua bestuur. Sy eerste mededingende opdrag sal […]
# Die regering sê hy sal voortgaan om voedsel- en energiesekerheid te versterk, werk te skep en lewenskoste te verlaag. Dit volg op die jongste inflasiesyfers wat verlede maand ‘n daling in verbruikersinflasie tot 4,3-persent vanaf vyf persent in Junie getoon het. Die adjunk- regeringswoordvoerder William Baloyi sê die daling bied ‘n mate van verligting […]
# Die leier van die National Coloured Congress, Fadiel Adams, het staatsadvokaat Drushantha Ramsamy van die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie daarvan beskuldig dat sy vir die Madlanga-kommissie oor hom gelieg het. In getuienis voor die kommissie het Adams beweer Ramsamy se weergawe van hul vergadering is onakkuraat. Hy het gevra ‘n opname van die vergadering moet […]
# Suid-Korea se ministerie van Verdediging het aangekondig dat sy jaarlikse gesamentlike militêre oefeninge met die VSA op versoek van Washington met ses dae verkort word. Seoel het gesê die “tydperk en omvang” van die 2026 Ulchi Freedom Shield-oefening is aangepas na ‘n voorstel deur die VSA. Die oefening sal nou op Vrydag afsluit en […]
# Cosatu verwelkom die die Polisie- en Gevangenisse-burgerregte-unie se Arbeidshof-oorwinning in die Mangaung-korrektiewe sentrum-saak nadat die hof ‘n aansoek om verlof tot appèl van die hand gewys het. Zanele Sabela van Cosatu sê die uitspraak is belangrik want dit versterk die beskerming van werkers kragtens Artikel 197 van die Wet op Arbeidsverhoudinge. Sy sê werknemers […]
# Die Beninese musiekikoon Angélique Kidjo het geskiedenis gemaak as die eerste Afrika-musikant en eerste swart kunstenaar uit Afrika wat ‘n ster op die Hollywood Walk of Fame ontvang het. Die vyfmalige Grammy-wenner is in Los Angeles vereer. Dit is ‘n mylpaal in haar loopbaan van meer as vier dekades. Kidjo se ster is die […]