Skip to content

Saoedi-Arabië onderskep missiele en hommeltuie wat belangrike streke teiken

# Saoedi-Arabië se lugverdediging het twee ballistiese missiele onderskep wat na die hoofstad, Riaad, afgevuur is. Drie hommeltuie is ook oor die land se olieryke Oostelike Provinsie vernietig. Die Saoedi-geleide koalisie sê die missiele is deur Jemen se Houthi-rebelle gelanseer. Die onderskeppings kom te midde van ‘n toename in aanvalle op die koninkryk, insluitend ‘n onlangse aanval wat ‘n administratiewe gebou van die staatsoliemaatskappy Saudi Aramco in Riaad beskadig het. Die Oostelike Provinsie, waar die meeste van Saoedi-Arabië se olie- en gasreserwes is, het die afgelope weke onder herhaalde aanvalle deurgeloop.