Die minister in die Presidensie, Maropene Ramokgopa, het Afrika-nasies aangespoor om te belê en aandeelhouers in befondsingsinstellings te word om spogprojekte te versnel. Ramokgopa het by die Derde Luanda-befondsingsberaad in Angola met SABC News gepraat en vra versterkte infrastruktuur in die vervoer-, energie-, digitale en watersektore. Die beraad het ten doel om die vasteland se […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Departement van Ekonomiese Ontwikkeling, Omgewingsake en Toerisme het die Kabeljous Natuurreservaat in die Kouga-streek in die Oos-Kaap amptelik as ‘n beskermde gebied verklaar. Dit volg ná meer as 25 jaar se voorspraak. Die reservaat beskerm die seldsame Humansdorp-skalierenosterveld, wat ‘n unieke soort plantegroei is en slegs in die Oos-Kaap voorkom. Dit is ook […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Rugby: Elf Suid-Afrikaners sal in die Barbarians se beginspan wees vir Saterdag se botsing met ‘n All Blacks-vyftiental in Londen. Die ster van Leicester Tigers, Hanro Liebenberg, is aangewys as kaptein van die span wat ook sy landgenote Bongi Mbonambi, Evan Roos, André-Hugo Venter, Werner Kok, Leolin Zas, Oli Kebble en Cobus Wiese insluit. […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Amerikaanse president Donald Trump en sy Chinese ampsgenoot Xi Jinping het ooreengekom om die handelsoorlog tussen hul lande te beëindig na grootskaalse ontwrigting op wêreldmarkte. Washington sal sommige tariewe verlaag en Beijing het onderneem om voort te gaan met die lewering van kritieke seldsame aardmetale. Trump het sy eerste ontmoeting met Xi in […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Franse polisie het nog vyf verdagtes in hegtenis geneem in verband met die gewaagde rooftog in die Louvre-museum, insluitend die hoofverdagte wie se DNS op die toneel gevind is. Vier diewe het op 19 Oktober ‘n vragmotor met ‘n hysbak en snytoerusting gebruik om by ‘n galery op die eerste verdieping in te […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens gaan voort met die werwing van vyf-duisend-500 rekrute en nooi duisende aansoekers van al nege provinsies uit om psigometriese en integriteits-assesserings te ondergaan. Die woordvoerder van die Polisie, Amanda van Wyk sê die veelfaseproses sluit liggaamlike fiksheid, keuring en mediese ondersoeke in. Sy sê voorkeur word gegee aan gegradueerdes met NQF6 […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Departement van Elektrisiteit en Energie sê om teen 2030 universele elektrisiteitstoegang te bereik, sal na raming 75-miljard-rand kos. Daar is 1,6-miljoen oorblywende huishoudings wat nog nie verbind is nie. Die adjunk-direkteur-generaal, Thabo Kekana, het aan die Parlement gesê die huidige befondsing- en leweringsmodelle onder die Geïntegreerde Nasionale Elektrifiseringsprogram is nie voldoende nie. Die […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die Valke-kaptein, Barry Kruger, het voor die Madlanga-kommissie beken dat spanning tydens die arrestasie van sakeman Katiso “KT” Molefe in Sandhurst so hoog geloop het dat dit maklik in ‘n skietgeveg kon ontaard het. Kruger, wat in die Taktiese Operasionele Bestuursafdeling dien, is die derde getuie wat duidelikheid gegee oor die Desember-inhegtenisneming. Hy sê […]    
				
				
				
			
				
				
				
					
    
		# Die sekretaris-generaal van die ANC, Fikile Mbalula, sê voorbereidings vir die plaaslike verkiesing in 2026 sal fokus om verlore aansien in die Wes-Kaap en Gauteng te herwin. Die Nasionale Uitvoerende Komitee het ‘n provinsiale trustee aangestel om ANC-strukture te herbou en te stabiliseer na ‘n nege-persent afname in steun in die Wes-Kaap. Hy het […]