# Die Regeringskommunikasie- en Inligtingstelsel het herbevestig dat breed-gebaseerde swart ekonomiese bemagtiging ‘n belangrike beleid vir ekonomiese transformasie en insluiting bly. Hy sê die beleid is ‘n grondwetlike en morele verpligting wat daarop gemik is om geskiedkundige ongeregtighede reg te stel en insluiting te bevorder, veral vir vroue, die jeug en mense met gestremdhede. Die […]
# Die minister van Polisie, Senzo Mchunu, het sy besluit om die taakspan vir politieke moorde te ontbind verdedig en sê die besluit het nie die nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola se gesag ondermyn nie. Mchunu het voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn en verduidelik die eenheid is gestig na ‘n politieke opdrag deur president […]
# Die Hillel Villa and Spa in Northcliff, Johannesburg, ontken dat hulle perseel gebruik is vir onwettige doeleindes soos voor die Madlanga-kommissie van ondersoek beweer is. Dit volg nadat Getuie A beweer het hy was by ‘n partytjie by die Northcliff-hotel waar senior polisie-offisiere teenwoordig was. Die bestuur het in ‘n verklaring bevestig dat die […]
# Die DA het sy verontwaardiging uitgespreek oor berigte dat 130 vlootrekrute by die SAS Saldanha-opleidingsbasis honger ly en swak akkommodasie het. Die DA se Nicholas Gotsell sê dit ontbloot diepgaande sistemiese mislukkings in die verdedigingsleierskap. Die rekrute het na bewering maande lank op die minimum rantsoene oorleef te midde van konstruksievertragings by die Simonstad-vlootbasis. […]
# Menseregtekenners van die Verenigde Nasies waarsku dat Amerika se geheime optrede en dreigemente om gewapende mag teen Caracas te gebruik, Venezuela se soewereiniteit en die VN-handves skend. Die Amerikaanse president, Donald Trump, voer ‘n militêre veldtog wat volgens hom daarop gemik is om die vloei van dwelms uit Latyns-Amerika na sy land te smoor. […]
# President Cyril Ramaphosa sal van vandag tot Dinsdag drie lande in Suidoos-Asië besoek met die doel om Suid-Afrika se betrekkinge in die streek te versterk en samewerking in sleutelsektore te bevorder. Ramaphosa sal Indonesië, Viëtnam en Maleisië besoek, waar hy die 47ste beraad van die Vereniging van Suidoos-Asiatiese Nasies sal bywoon. Die woordvoerder in […]
# Getuie A het aan die Madlanga-kommissie gesê die sakeman Katiso “KT” Molefe, wat beskuldig word van moord, tenderbedrog en beweerde bande met die ‘Groot Vyf’-misdaadkartel, word verbind aan ‘n groep van vyf mense betrokke by mynbou in Noordwes. Hy sê een lid, ‘n man bekend as Ze van Sandton, is na bewering na aan […]
# US chess grandmaster and online commentator Daniel Naroditsky has died aged 29. The popular chess player’s family announced his “unexpected” death in a statement released by his club. Naroditsky gained international attention in 2007 when he won the under-12 boys world youth championship in Antalya, Turkey. In 2010, at the age of 14, he […]
# ActionSA begin vandag met die ‘Mashaba Erfenistoer’ om diensleweringsuksesse tydens Herman Mashaba se ampstermyn as burgemeester van Johannesburg ten toon stel. Die toer sal fokus op die middestad-vernuwingsprojek, met die klem op doeltreffende en etiese leierskap. ActionSA wil inwoners daaraan herinner dat Johannesburg ‘n geskiedenis van vooruitgang onder bewese leierskap het, en beklemtoon dat […]