# Die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, moes moeilike vrae beantwoord in die Parlement oor ‘n personeeltekort van twee-duisend-711 by die Direktoraat vir Voorkeur-misdaadondersoeke. Wetgewers kritiseer die toewysing van 100-miljoen-rand aan ‘n tydelike eenheid eerder as om die kritieke afdeling te befonds. Mchunu erken die direktoraat se leierskap is bekommerd oor die tekort aan […]
# Sokker: Die president van die Spaanse kompetisie La Liga, Javier Tebas, beskryf die afstel van die wedstryd tussen Barcelona en Villareal in Amerika as ‘n verspeelde geleentheid om die plaaslike spel te bevorder. Die Spaanse beheerliggaam het in Augustus goedkeuring gegee dat die wedstryd in Desember in Miami plaasvind, maar die besluit gister omgekeer […]
# Die Indiese eerste minister Narendra Modi en die Amerikaanse president Donald Trump het handelsbetrekkinge bespreek terwyl hulle ‘n ooreenkoms probeer bereik. Verhoudings het versuur toe Trump tariewe op Indiese uitvoere na Amerika verhoog het tot 50-persent en Indië beskuldig het dat hy Rusland se oorlog in Oekraïne befonds deur olie uit Moskou te koop. […]
# Die visepresident van Amerika, JD Vance het gewaarsku daar is uitdagings oor beide die ontwapening van Hamas en die heropbou van Gaza as deel van ‘n wapenstilstand tussen Israel en die Palestynse militante beweging, wat deur die VSA bemiddel is. Vance is in Israel om steun te versterk vir die wapenstilstand en die na-oorlogse […]
# Rugby: Die vleuel, Louis Rees-Zammit sal waarskynlik vir die eerste keer in twee jaar vir Wallis speel nadat hy in die groep vir die November-toetse ingesluit is. Dit volg na sy terugkeer tot rugbyunie na ‘n onsuksesvolle tyd by Amerikaanse voetbal. Die 24-jarige het in Augustus ‘n kontrak met Bristol Bears onderteken. Wallis se […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging vra die regering om dringend in te gryp met die opgradering van informele nedersettings en om waardige behuising in die land te versnel. Mayibuye se woordvoerder, Moselene Du-Plessis, sê dit is onaanvaarbaar dat soveel mense, ná dertig jaar van demokrasie, steeds sonder veilige behuising, elektrisiteit of behoorlike infrastruktuur leef, wat hulle […]
# Krieket: Die boulers het Suid-Afrika gered met ‘n reuse-169 lopies om die laaste drie paaltjies op die derde dag van die laaste toets teen Pakistan in Rawalpindi. Die Proteas het op 185 vir vier hervat, ‘n eerstebeurt-agterstand van 148, en vinnig vier kolwers verloor. Senuran Muthusamy en Keshav Maharaj het ‘n negende-paaltjie-vennootskap van 71 […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap veroordeel die haatspraak, persoonlike aanvalle en lasterlike kommentaar op sosiale media teen die Dullah Omar-instituut en die navorser, Jean Redpath, na aanleiding van haar bydraes tot nasionale debatte oor wetstoepassing en verantwoordbaarheid. Die rektor en visekanselier, Robert Balfour, sê die universiteit bevestig akademiese vryheid en ondersteun Redpath se reg […]
# Die Gauteng-wetgewer se portefeulje-komitee vir Gemeenskapsveiligheid vra dringende optrede na ‘n massaskietvoorval in Westbury, Sophiatown, waarin twee tieners dood en vyf ander beseer is. Die komitee sê onwettige vuurwapens wakker bendegeweld aan en doen ‘n beroep op die polisie om gespesialiseerde eenhede na die gebied te stuur. Die voorsitter van die komitee, Bandile Masuku, […]