# Rugby: Die Haaie wil Saterdag teen Scarlets die eerste deel van die Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen op ‘n hoogtepunt afsluit voor die toets-onderbreking. Eben Etzebeth lei die span in Durban met ‘n rotasieverandering onder die voorspelers, waar Emmanuel Tshituka en Phepsi Buthelezi plekke ruil. Makazole Mapimpi se skorsing beteken Edwill van der Merwe skuif van heelagter […]
# Die Departement van Infrastruktuur van die Wes-Kaap het in 2024/25 sy teikens oortref en altesaam 488 kilometer van die provinsiale padnetwerk in opgeknap. Die voorsitter van die Staande Komitee oor Infrastruktuur, Dirk Wessels, sê as deel van die werk is vier-miljoen vierkante meter herverseël, 503-duisend vierkante meter gerehabiliteer, en 46-duisend kilometer grondpaaie geskraap. Wessels […]
# Die Suid-Afrikaanse Reserwebank bied vandag die Bevordering van oor-Grens Betalingskonferensie in Pretoria aan. In vennootskap met die Bank vir Internasionale Vereffenings, wil die konferensie geleenthede en uitdagings identifiseer wat oor-grens betalings in Afrika suid van die Sahara in die gesig staar. Die uitdagings sluit in die kompleksiteit van die koppeling van vinnige wêreldwye betalingstelsels. […]
# ‘n Organisasie wat internasionale media afsetpunte in Israel en die Palestynse gebiede verteenwoordig, sê hulle hoop Israel se Hoogste Hof sal hul versoekskrif goedkeur wat onmiddellike toegang vir joernaliste tot Gaza eis. Die hof sal vandag ‘n versoekskrif deur die Buitelandse Persvereniging aanhoor om toegang tot Gaza te verkry. Israel se owerhede het sedert […]
# Rugby: Die skrumskakels Nolann le Garrec, Maxime Lucu en Baptiste Jauneau sal meeding om die Franse kaptein, Antoine Dupont, te vervang vir volgende maand se toetse. Die superster sal tot Desember op die kantlyn wees met ‘n kniebesering wat hy in Maart opgedoen het en die toetse teen Suid-Afrika, Fidji en Australië misloop. Le […]
# Rise Mzansi sê die minister van Polisie, Senzo Mchunu se besluit om die vul van poste by Misdaadintelligensie te staak, het die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermoë verswak om misdaad te bekamp. Makashule Gana van die party sê die bevriesing het 18 poste geraak, insluitend senior bestuurders en sosiale media-spesialiste, in sleutelprovinsies soos KwaZulu-Natal, die […]
# Die DA sê die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, se besluit om die Amapanyaza-misdaadvoorkomingsbewaarders te ontbind vir heropleiding as verkeersbeamptes, bewys die DA se jarelange waarskuwings was reg. Die DA voer aan die bewaarders is nooit behoorlik opgelei of befonds nie en noem die program ‘n politieke foefie voor die verkiesing in 2024. Die […]
# Sokker: Mohamed Salah van Liverpool en Achraf Hakimi van Paris Saint-Germain is onder tien sterre wat benoem is vir die 2025 Afrika-Speler van die Jaar-toekenning. Salah was vierde en Hakimi sesde in die 2025 Ballon d’Or en is die gunstelinge vir die Afrika-toekenning. Benewens Salah, is twee ander Premierliga aanspraakmakers ook benoem naamlik die […]
# Indië se regering het nuwe reëls voorgestel wat vereis dat kunsmatige intelligensie en sosiale mediaplatforms KI-gegenereerde inhoud duidelik moet etiketteer om deepfakes en waninligting teen te werk. Volgens die konsep moet KI-visuele elemente etikette op ten minste tien persent van die beeld of die duur van die program vertoon om opsporing en deursigtigheid te […]