# ‘n Ligte vliegtuig met 12 passasiers aanboord het vanoggend op ‘n vlug van Kenia se kus af neergestort. Al die passasiers in vermoedelik dood. Die vliegtuig was van die toeriste-oord Diani af op pad na Kichwa Tembo, ‘n privaat vliegveld in die Maasai Mara Nasionale Park. Kenia se Burgerlugvaartowerheid het geen verdere besonderhede verskaf […]
# Johannesburg se burgemeester, Dada Morero, sê Suid-Afrika se verbintenis om teen 2050 netto-nul koolstofuitstralings te bereik, kan nie met leë woorde uitgevoer word nie. Hy gepraat tydens City Power se Energie-indaba in Melrose Arch, Johannesburg. Morerro sê Suid-Afrika se openbare gesprek oor energie word reeds langer as ‘n dekade oorheers deur krisisse soos beurtkragskedules, […]
# President Volodimir Zelensky sê Oekraïne sal nog twee tot drie jaar Europese finansiële steun benodig om teen Rusland te veg. Kiëf was grootliks afhanklik van militêre en finansiële steun van buitelandse bondgenote sedert Moskou se grootskaalse inval in Februarie 2022. Leiers van die Europese Unie het verlede week die Europese Kommissie opdrag gegee om […]
# Die burgemeester van Johannesburg, Dada Morero, sê die metro moet ‘n bestendige pad volg na skoon hernubare energie. Morero het gepraat tydens die tweede City Power Energie-indaba by Melrose Arch, Johannesburg. Die tweedaagse indaba sal klimaatsverandering, plaaslike vervaardiging, vaardigheidsontwikkeling en die Billike Energie-oordrag aanpak. Die burgemeester sê deur afhanklikheid van ‘n enkele energiebron te […]
# Die finansiëledienstemaatskappy RMB het in samewerking met die Gordon-instituut vir Sakewetenskap, die 2025/26 verslag oor waar om in Afrika te belê vrygestel. Seychelle en Mauritius behou die eerste twee plekke, terwyl Egipte, Suid-Afrika en Marokko die top vyf voltooi. Die Ivoorkus het met agt plekke tot agtste gestyg, terwyl Nigerië met nege plekke tot […]
# Die vrugteverspreider Tru-Cape verwag sy grootste kersie-oes ooit in Ceres in die Wes-Kaap, na byna perfekte groeitoestande. Die direkteur vir Aankope, Calla du Toit sê ‘n ideale kombinasie van reënval en sonskyn het die vruggrootte en soetheid verhoog. Hy sê die 2025-oes het tot tien dae vroeg begin, wat die verkoopsvenster voor Kersfees verleng […]
# Israel het die noodtoestand vir gebiede naby die grens met Gaza opgehef – die eerste keer sedert Hamas se aanvalle in Oktober 2023. Die minister van Verdediging, Israel Katz, sê die besluit weerspieël die nuwe veiligheidsituasie in die suide van die land en volg terwyl die wapenstilstand wat op 10 Oktober in werking getree […]
# SA Harvest het sy kweekhuisprogram van stapel gestuur om Suid-Afrika se voedselvermorsing- en hongerte aan te pak. Die projek omskep produkte wat gered word in volhoubare landbou met die gebruik van hidroponika en gemeenskapsopleiding. Die projek, tans in Gauteng en KwaZulu-Natal, bevorder voedselonafhanklikheid, werkskepping en klimaataksie terwyl dit stortingsterrein-afval verminder en langtermyn-voedselveerkragtigheid bou. Die […]
# AfriForum en die gesin van die 21-jarige Dewald Beetge versoek Suid-Afrikaners om vandag wit te dra uit verset teen landelike geweld. Beetge is steeds in ‘n bedenklike toestand nadat hy op 15 Oktober geskiet is tydens ‘n plaasaanval naby Melville in KwaZulu-Natal. Jacques Broodryk van AfriForum veroordeel die wreedheid en noem dit ‘n wekroep […]