# Die parlementêre ad hoc-komitee het gehoor dat die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, nie sy adjunk, Cassel Mathale, geraadpleeg het voordat hy ‘n brief vir die ontbinding van die politieke moorde-taakspan uitgereik het nie. Mathale sê hy is onseker wat Mchunu daartoe gelei het om die opdrag op die manier op te stel […]
# Die DA vra Suid-Afrikaners om op te tree teen die ANC se mislukte beleid van swart ekonomiese bemagtiging. Sy nuwe reklamebord langs die N1-snelweg in Johannesburg lig SEB-mislukkings uit en bevorder die Wet op Ekonomiese Insluiting vir Almal. Helen Zille van die DA het aan die media gesê dit is daarop gemik om werk […]
# Qatar Airways het hande gevat met die Grammy-bekroonde kunstenaar Swizz Beatz om die Qatar Airways Creative 100 van stapel te stuur, ‘n wêreldwye platform om die wêreld se invloedrykste vindingrykes te vier. Die veldtog, wat by Art Basel Paris 2025 onthul is, sal 100 vindingrykes in kuns, musiek, ontwerp, sport en tegnologie in die […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het die Parlement se ad hoc-komitee vertel hy het vroeg in Januarie op sosiale media verneem dat die taakspan vir politieke moorde ontbind is. Mathale sê gesprekke is gevoer oor die versterking van polisiestrukture, maar hy het nie die geskorste minister van Polisie, Senzo Mchunu, se opdrag verwag […]
# Rugby: Vyf lede van die Junior Springbokspan wat vroeër vanjaar die onder 20-wêreldkampioenskap gewen het, is ingesluit in die SA Rugby Onder-19 Akademie-groep van 30 spelers vir ‘n Europese toer van drie wedstryde. Die vyf is die Junior Bok-kaptein, Riley Norton, Oliver Reid, Phiwayinkosi “Rambo” Kubheka, Siphosethu Mnebelele en Vusi Moyo. Die groep speel […]
# Die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad versoek alle motoriste om verkeersreëls te gehoorsaam ten einde lewens te beskerm, ná ‘n tragiese ongeluk in Dullstroom, Mpumalanga. Ses mense is Sondag dood en agt ander ernstig beseer toe ‘n GWM-sportnutsvoertuig en ‘n minibustaxi op die R540 tussen Dullstroom en Lydenburg gebots het. Sphiwe Sibanyoni van Santaco het meegevoel […]
# Krieket: Daar is steeds onsekerheid oor die fiksheid van die wêreld se beste eendagbouler, Sophie Ecclestone van Engeland, vir môre se Wêreldbeker-halfeindstryd teen die Protea-vroue. Sy het haar skouer Sondag beseer tydens die laaste groepswedstryd teen Nieu-Seeland en kon nie haar boulskof voltooi nie. Die bestuur sê Ecclestone sal voor die wedstryd voortdurend ondersoek […]
# Moody’s Ratings het vertroue in Johannesburg se finansies uitgespreek en verwys na gesonde aktiwiteite, matige skuld en verstandige bestuur ten spyte van politieke onrus en verkwistende besteding. Ontleders sê die stad handhaaf positiewe marges en soliede finansiële toesig, maar het gewaarsku teen stygende skuld as gevolg van infrastruktuuragterstande en bevolkingsaanwas. Die oorsig is teenstrydig […]
# Die Regterlike Kommissie van Ondersoek na Waarheids- en Versoeningskommissie-sake het frustrasie uitgespreek oor die gebrek aan samewerking van belangrike staatsdepartemente omdat hulle nie inligting, insluitend beëdigde verklarings en verslae, verskaf nie. Die Polisie, die Departement van Justisie, Presidensie en Parlement het nie reageer op versoeke vir inligting van ou WVK-sake nie. Die woordvoerder, Lionel […]