# Die GOOD-party het die Pretoriase Hooggeregshof se besluit verwelkom om president Cyril Ramaphosa en die regering se poging af te wys om ‘n skadevergoedingsaak van 167-miljoen-rand deur apartheidslagoffers en die Stigting vir Menseregte, onbepaald uit te stel. Die party sê dit is belangrik vir die integriteit van Suid-Afrika se regstelsel dat die redes vir […]
# Die KwaZulu-Natal polisiekommissaris Nhlanhla Mkhwanazi sal volgende Dinsdag en Woensdag voor die Parlement se ad hoc-komitee verskyn om oor bewerings van kriminele infiltrasie in die regstelsel te getuig. Getuienis sal gelei word deur Senior Advokaat Norman Arendse, wat bevestig het dat Mkhwanazi se verklaring afgehandel is. Arendse het bevestig die span werk volstoom om […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het president Cyril Ramaphosa se versoek om ‘n eis vir skadevergoeding van 167-miljoen-rand deur 22 families van vermoorde en vermiste anti-apartheidsaktiviste onbepaald uit te stel, met koste van die hand gewys. Regter Nicoline Janse van Nieuwenhuizen sê dit is in die openbare belang dat families afsluiting vind, en die regering […]
# Die ANC het van vandag tot Maandag ‘n spesiale vergadering van sy nasionale uitvoerende komitee belê by die Birchwood Hotel in Johannesburg. Die NUK sal oor die ekonomie, regering en dienslewering beraadslaag, en riglyne vir die komende plaaslike regeringsverkiesing finaliseer. Die ANC-sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê die party beoog om sy status te herbou deur […]
# The families of the two victims of the Manchester synagogue attack have paid tribute to them as heroes. Adrian Daulby and Melvin Cravitz were killed in the attack at Heaton Park synagogue in Crumpsall on Thursday. Daulby was shot accidentally when police opened fire on attacker Jihad al Shamie. Tributes for the men poured […]
# Rugby: The Stormers outlasted and outmuscled the Ospreys at the Cape Town stadium yesterday, for a perfect start to their United Rugby Championship season. The hard-fought 26-10 victory gives the Stormers two wins in their first two games, with 9 out of a possible 10 points on the log. The Sharks and the Dragons […]
# ActionSA sal vandag die party se burgemeesterskandidaat vir die Stad Ekurhuleni, Gauteng, bekend maak vir die 2026 plaaslike regeringsverkiesing. In ‘n onlangse besoek aan die stad het leier Herman Mashaba kommer uitgespreek oor misdaad, korrupsie en die mislukte basiese dienste. Hy sê die kandidaat sal wetteloosheid aanpak en dienste herstel. Hy het beklemtoon dat […]
# Die Hip-hop-magnaat Sean “Diddy” Combs is tot vier jaar tronkstraf gevonnis, ‘n boete van meer as agt-miljoen-rand opgelê en vyf jaar onder toesig vrygelaat. ‘n Jurie in New York het hom vrygespreek van afpersing en sekshandel, maar skuldig bevind op twee aanklagte van die vervoer van vroue vir prostitusie. Die Amerikaanse distriksregter Arun Subramanian […]
# Die UDM het by internasionale oproepe aangesluit vir die onmiddellike vrylating van aktiviste van die Global Sumud-flottielje, insluitend die Suid-Afrikaners wat aangehou is terwyl hulle hulp aan Gaza afgelewer het. Die adjunkpresident van die UDM, Nqabayomzi Kwankwa, sê hul ontvoering ondermyn humanitêre beginsels en skend internasionale reg. Kwankwa het Israel se verset teen die […]