# Rugby: Die Springbok-losvoorspeler Kwagga Smith verwag ‘n vinnige wedstryd op ‘n hibriede oppervlak wanneer hulle Saterdag teen Japan speel op die Wembley-sokkerstadion in Londen. Baie Bok-spelers het ondervinding van hibriede oppervlakke in die Verenigde Rugbykampioenskap en die Engelse Premierliga en weet wat om te verwag. Smith sê hy en ander Bokke wat in Japan […]
# Die Nasionale Werkgewersvereniging van Suid-Afrika sê die staalsektor gaan vinnig agteruit, wat ernstige kommer oor die ekonomie laat ontstaan. Die aantal werkgewers het oor die afgelope vyf jaar met 12-persent gedaal en indiensneming met 23-persent, wat beteken 110-duisend mense het hul werk verloor. Gerhard Papenfus van NEASA gee hoë lone, regeringsinmenging, hoë tariewe, misdaad, […]
# Die DA sê Suid-Afrikaners het die reg om te weet wie 20-miljard-rand van die belastingbetaler se geld bestuur. Die party eis dat die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, die volledige lys vrystel van aanstellings deur die Sektor Onderwys- en Opleidingsowerheid wat verlede maand gemaak is, insluitend die name, agtergrond en sektore […]
# Gemeenskappe in KwaZulu-Natal word versoek om waaksaam te bly aangesien erge donderstorms in die westelike en noordelike dele van die provinsie verwag word. Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Thulasizwe Buthelezi, het inwoners in laagliggende areas en gebiede waar vloede voorkom, aangeraai om voorsorg te tref, kinders binnenshuis te hou, oorstroomde riviere […]
# Rugby: George Ford is bo Fin Smith verkies as losskakel in Engeland se opdraf-span vir Saterdag se toets teen Australië op Twickenham. Smith is op die bank en Marcus Smith is heeltemal weggelaat. Ford, ‘n veteraan van 102 toetse, behou die nommer 10-trui wat hy tydens die onlangse toer na Argentinië en Amerika gedra […]
# Die Afrika Mayibuye-beweging het die Afrika-Unie versoek om die uitslae van die onlangse verkiesings in Kameroen en die Ivoorkus te verwerp. Afrika Mayibuye sê die proses was onregverdig en het gehelp om ou leiers aan bewind te hou. Sydney Baloyi van die beweging glo Kameroen se president, Paul Biya, wat op 92-jarige ouderdom herkies […]
# COSATU het die DA se mosie van wantroue teen die Gautengse premier Panyaza Lesufi gekritiseer en noem dit polities-gemotiveerd. COSATU meen die Openbare Beskermer se bevindings oor die Gautengse Misdaadvoorkomingsbeamptes hou verband met prosedurele onreëlmatighede, en nie korrupsie nie. Die federasie het Lesufi se leierskap ten opsigte van werkskepping en misdaadvermindering geprys en vra […]
# Krieket: Die Protea-vroue hoop dis ‘n geval van derde keer skeepsreg wanneer hulle vandag weer teen Engeland speel in ‘n Wêreldbeker-halfeindstryd. Suid-Afrika het teen Engeland verloor in die voorlaaste rondes van die vorige twee eendag-Wêreldbekertoernooie. Boonop het Engeland die Proteas met ‘n volle tien paaltjies verslaan in hulle eerste wedstryd in vanjaar se toernooi. […]
# Sokker: Argentinië se kaptein, Lionel Messi, hoop om in volgende jaar se Wêreldbeker te speel, hoewel hy besef dat sy ouderdom en fiksheid belangrike faktore sal wees. Hy word 39 net voor die begin van die toernooi in Noord-Amerika. Messi, wat sy land in 2022 na Wêreldbeker-glorie gelei het, het onlangs sy kontrak met […]