# Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het sewe groot samesmeltings en verkrygings goedgekeur, insluitend transaksies in die lugvaart-, tegnologie-, eiendoms-, nywerheids- en finansiële sektore. Die woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê daar is op sekere transaksies voorwaardes toegepas om werkverskaffing, vaardigheidsontwikkeling en die verkryging van plastiekpype en toebehore te bevorder, terwyl ander sonder voorwaardes goedgekeur is. Hy sê […]
# Die DA sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, se onregmatige aankondiging van die drastiese vermindering van befondsing vir Kwintiel 5-skole in 2026, ná die sperdatum op 30 September 2025, skep finansiële onsekerheid vir beide ouers en skole. Sergio Dos Santos sê die DA veroordeel die vermindering van 879-rand tot 301-rand per leerder, […]
# Die Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappye, Specno en Tentra, het die bekendstelling van ‘n nuwe kunsmatige intelligensie-gedrewe huurplatform vir huise in Suid-Afrika aangekondig. Tentra se stigter en uitvoerende hoof, Joram Hinds, sê deur KI-geaktiveerde stelsels ten volle te benut, beoog Tentra om huuraansoeke in die land te stroomlyn. Hy sê dit sal beide agente en voornemende huurders […]
#Die EFF is bekommerd oor die besluit van die parlement om die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die vul van vakatures in die Verkiesingskommissie goed te keur. Die party sê die besluit verontagsaam die bevindinge en aanbevelings van die paneel onder voorsitterskap van hoofregter Mandisa Maya, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitees oor Vervoer en ook Handel, Nywerheid en Mededinging, het met swart handelaars vergader oor kommer oor die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se opdrag om die 25-jaar huurkontrakte by Durban se Transnet Island View-distrik te hernu. Handelaars beweer oliereuse beheer hawe-infrastruktuur en berperk billike toegang. Creecy en die minister van […]
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het PRASA se hernubare energie-inisiatief bekendgestel en die 300ste plaaslik-geboude trein in Isipingo, KwaZulu-Natal, gevier. Creecy het aan Newzroom Afrika gesê die treine wat van Suid-Afrikaanse staal gemaak is, dui op vordering in gevorderde vervaardiging en werkskepping. Die minister het ook die nuwe Isipingo winkelsentrum in KwaZulu-Natal geopen,wat […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het onthul dat adjunkministers in die Ministerie van Polisie tans geen gedelegeerde verantwoordelikhede het nie. Mathale het aan die parlementêre ad hoc-komitee erken hy is al vir meer as ‘n jaar in die pos sonder enige spesifieke take, maar dring aan hy en sy kollegas is nie ledig […]
# Die ministerie van Vroue, die Jeug en Persone met Gestremdhede verwelkom die arrestasie van ‘n verdagte na die moord op twee jong vroue in Mamelodi-Oos, Tshwane. Minister Sindisiwe Chikunga veroordeel die geweld en prys die polisie vir hul vinnige reaksie, en vra onmiddelike regsoptrede. Die verdagte sal na verwagting vandag in die Landdroshof in […]
# Die adjunkminister van Polisie, Cassel Mathale, het aan die Parlement se ad hoc-komitee gesê die leierskap binne die SAPD moet spanwerk eerder as interne gevegte bevorder. Mathale het gepraat oor bewerings van interne geskille en sê meningsverskille bestaan, maar leiers moet samehangende spanne bou om misdaad doeltreffend te bestry. Hy beklemtoon sukses hang van […]