# Krieket: Die president van die Wes-Indiese Eilande se beheerliggaam, Kishore Shallow, vra ‘n noodvergadering van voormalige ster-spelers nadat die span vir slegs 27 lopies uitgeboul is in die derde toets teen Australië. Die snelbouler Mitchell Starc het ses paaltjies vir nege lopies geneem en die Windies is op Sabinapark met 176-lopies verslaan. Die gasheer […]
# Die polisie se adjunk-nasionale kommissaris vir Misdaadopsporing, Shadrack Sibiya, is gevra om verlof te neem. Dit volg op plofbare bewerings deur die KwaZulu-Natalse polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, dat Sibiya met die inligtingsmous Brown Mogotsi en die minister van Polisie, Senzo Mchunu, saamgespan het om die taakspan vir politieke moorde in die provinsie te ontbind. Nasionale […]
# Die Nasionale Vervolgingsgesag het die vonnis van 16 jaar wat deur die Tlhabane Streekhof aan die Mosambiekse burger, John Paipai Sithole opgelê is vir die peuter met noodsaaklike infrastruktuur en oortreding van immigrasiewette, verwelkom. Sithole was met meer as 30-duisend-rand se gesteelde koperkables binne die Impala Bafokengmyn in Rustenburg gevang. Die hof het beslis […]
# Die MK-party het die minister van Polisie, Senzo Mchunu, by die Parlement se Etiekkomitee aangegee en beskuldig dat hy die Nasionale Vergadering mislei het oor sy verhouding met mense wat in ‘n skandaal rondom polisie-inmenging genoem is. Die party beskuldig Mchunu dat hy onder eed gelieg het deur teenstrydige verklarings te lewer. David Skosana […]
# Die uitvoerende hoof van die Verkiesingskommissie, Sy Mamabolo, het bevestig dat sosiale media ‘n kernbelangrike rol gespeel het in die kommunikasieveldtog vir verlede jaar se verkiesing. Hy het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake gesê die veldtog het organiese sowel as betaalde inhoud gebruik met verskeie toepassings, insluitende Facebook, en meer as 203-miljoen […]
# The world’s oldest marathon runner, Fauja Singh from India, died in a hit-and-run on Monday, at the age of 114. Singh was still competing after turning 100 more than a decade ago. He was born in rural India in 1911 and later moved to London. There he earned the nickname “Turbaned Tornado” after he […]
# Die LUR vir Infrastruktuur in die Wes-Kaap, Tertuis Simmers, sê jeugwerkskepping het ‘n hupstoot gekry met die 65-miljoen-rand opgraderingsprojek van die informele nedersetting in Bonnievale. Die projek, wat in Maart hierdie jaar voltooi was, het 577 erwe, wat noodsaaklike dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit, en afvalbestuur insluit, gelewer. Simmers het bevestig dat die 20-maande […]
# Krieket: Engeland het die draaibouler Liam Dawson teruggeroep vir volgende week se vierde toets teen Indië nadat die beseerde Shoaib Bashir vir die res van die reeks nie beskikbaar is nie. Dawson het agt jaar gelede die laaste van sy drie toetse gespeel, maar die 35-jarige maak nou ‘n onverwagte terugkeer na die internasionale […]
# President Xi Jinping van China het senior Russiese diplomate tydens besprekings by die Shanghaise Samewerkingsorganisasie meegedeel dat hulle lande wedersydse ondersteuning moet versterk. Beijing probeer al lankal om die organisasie as ‘n teenwig vir Westers-geleide magsgroeperinge soos NAVO te bevorder en het gepleit vir groter samewerking tussen die 10 lede. Senior diplomate van die […]