# Die Mededingingstribunaal het die staal- en draadprodukte-maatskappy Cape Gate skuldig bevind aan prysvasstelling van skrootmetaal, ‘n oortreding van die Mededingingswet. Skrootmetaal, ‘n noodsaaklike element vir staalproduksie, was die middelpunt van ‘n koperskartel waarby Cape Gate, ArcelorMittal Suid-Afrika, Columbus Stainless en Scaw Suid-Afrika betrokke was. ArcelorMittal Suid-Afrika en Columbus het tot ‘n skikking gekom, en […]
# Die Kantoor van die Pensioenfondsberegter het ‘n 13-persent toename aangeteken in nuwe klagtes gedurende die 2024/25 boekjaar, met tien-duisend-331 wat ingedien is en tien-duisend-100 wat opgelos is. Die uitgaande Beregter, Muvhango Lukhaimane, sê 44-persent van die gevalle was weens wanbetaling van werkgewerbydraes. Lukhaimane sê die tweepotstelsel het 239 klagtes as gevolg van agterstallige skuld […]
# Die Nasionale Kernreguleerder het sy derde en laaste ronde openbare verhore afgesluit, oor Eskom se aansoek om die oorspronklike leeftyd van die Koeberg-kernkragsentrale te verleng. Verhore is in die Noord- en die Wes-Kaap gehou. Die raad se voorsitter, Protas Phili,sê belanghebber-insette is noodsaaklik vir deursigtigheid en veiligheid. Die reguleerder sal nou alle voorleggings hersien […]
# ‘n Israelse drukgroep wat hom beywer vir die vrylating van gyselaars in Gaza vra dat die Nobelprys vir Vrede toegeken word aan die Amerikaanse president, Donald Trump, vir sy vasberadenheid om vrede te bewerkstellig in die Midde-Ooste. Die forum skryf in ‘n brief aan die Noorweegse Nobel-komitee Trump het moontlik gemaak wat baie as […]
# Die DA in die Wes-Kaap sê toerisme en handel floreer voor die besige feestyd. Wesgro se nuutste lugtoegangverslag toon dat Kaapstad Internasionale Lughawe in Augustus meer as 223-duisend-internasionale passasiers hanteer het, vyf-persent meer as verlede jaar, met plaaslike vervoer wat met sewe-persent gestyg het. George Lughawe het 13-persent groei getoon, met lugvrag wat met […]
# Die ANC-president, Cyril Ramaphosa, sê die party verskerp sy stryd teen korrupsie en waarsku dat gevolgebestuur en leefstyloudits streng toegepas sal word in die openbare sektor. Ramaphosa het na afloop van die party se nasionale uitvoerende komiteevergadering in Boksburg gesê die Spesiale Ondersoekeenheid se verslae toon dat die regering ernstig is oor die bekamping […]
# Die Internasionale Strafhof het ’n gevreesde Soedanese guerrilla-leier skuldig bevind aan oorlogsmisdade en misdade teen die mensdom tydens wrede aanvalle in Darfur tussen Augustus 2003 en April 2004. Ali Muhammad Ali Abd-Al-Rahman, ook bekend as, Ali Kushayb, is skuldig bevind aan verskeie misdade insluitende verkragting, moord en marteling. Hy sal op ‘n latere datum […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het belowe om ontslae te raak van spookwerkers by die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit in Noordwes. Hlabisa sê diegene wat op bedrieglike wyse salarisse ontvang, sal vervolg word. Hy sê die span wat ontplooi is, het ‘n duidelike mandaat ontvang om Ditsobotla reg te ruk […]
# Die DA sê akkurate data en rekordhouding is van uiterste belang om kinderwanvoeding in Gauteng te beveg. Die party se woordvoerder van Gesondheid in die provinsie, Jack Bloom, sê vroeë opsporing maak geteikende voedseloptrede moontlik. Tydens ‘n toesigbesoek aan die Weilers-plaaskliniek, het die DA foute in die aangetekende wanvoedingsrekords gevind en ook toerustingstekorte. Bloom […]