# DRDGold het ‘n uitsonderlike jaar aangeteken, met sy inkomste wat met 26-persent gestyg het tot agt-miljard-rand en sy bedryfswins wat met 69-persent gestyg het tot 3,5-miljard-rand. Die uitvoerende hoof, Niël Pretorius sê sterk prestasie by die Far West Gold Recoveries en Ergo-bedrywighede, tesame met hoër goudpryse, het hierdie uitslae aangedryf. Die ondernemig het 2,3-miljard-rand […]
# Nederlanders stem vandag in ‘n blitsverkiesing wat beskou word as ‘n lakmoestoets vir die sterkte van die regsgesindes, wat baie groei getoon het in Europa. Meningspeilings dui aan die anti-immigrasie- en anti-Islam-rebel Geert Wilders is op koers om sy verkiesingsukses van twee jaar gelede met sy ver-regse Vryheidsparty te herhaal. Die helfte van die […]
# Die Duitse motorvervaardiger, Mercedes-Benz het ‘n daling van 30,8-persent in netto wins aangekondig, weens swak verkope in China en ook die Amerikaanse tariewe. Die maatskappy het in Julie sy vooruitsigte vir die jaar verlaag nadat die Amerikaanse president Donald Trump sy tariefaanslag begin het. Mercedes-Benz verwag dat inkomste vir 2025 “aansienlik laer” sal wees […]
# Die Mededingingskommissie van Suid-Afrika het sewe groot samesmeltings en verkrygings goedgekeur, insluitend transaksies in die lugvaart-, tegnologie-, eiendoms-, nywerheids- en finansiële sektore. Die woordvoerder, Siyabulela Makunga, sê daar is op sekere transaksies voorwaardes toegepas om werkverskaffing, vaardigheidsontwikkeling en die verkryging van plastiekpype en toebehore te bevorder, terwyl ander sonder voorwaardes goedgekeur is. Hy sê […]
# Die DA sê die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, se onregmatige aankondiging van die drastiese vermindering van befondsing vir Kwintiel 5-skole in 2026, ná die sperdatum op 30 September 2025, skep finansiële onsekerheid vir beide ouers en skole. Sergio Dos Santos sê die DA veroordeel die vermindering van 879-rand tot 301-rand per leerder, […]
# Die Suid-Afrikaanse tegnologiemaatskappye, Specno en Tentra, het die bekendstelling van ‘n nuwe kunsmatige intelligensie-gedrewe huurplatform vir huise in Suid-Afrika aangekondig. Tentra se stigter en uitvoerende hoof, Joram Hinds, sê deur KI-geaktiveerde stelsels ten volle te benut, beoog Tentra om huuraansoeke in die land te stroomlyn. Hy sê dit sal beide agente en voornemende huurders […]
#Die EFF is bekommerd oor die besluit van die parlement om die portefeuljekomitee oor Binnelandse Sake se verslag oor die vul van vakatures in die Verkiesingskommissie goed te keur. Die party sê die besluit verontagsaam die bevindinge en aanbevelings van die paneel onder voorsitterskap van hoofregter Mandisa Maya, wat ernstige kommer uitgespreek het oor die […]
# Die Parlement se Portefeuljekomitees oor Vervoer en ook Handel, Nywerheid en Mededinging, het met swart handelaars vergader oor kommer oor die minister van Vervoer, Barbara Creecy, se opdrag om die 25-jaar huurkontrakte by Durban se Transnet Island View-distrik te hernu. Handelaars beweer oliereuse beheer hawe-infrastruktuur en berperk billike toegang. Creecy en die minister van […]
# Die minister van vervoer, Barbara Creecy, het PRASA se hernubare energie-inisiatief bekendgestel en die 300ste plaaslik-geboude trein in Isipingo, KwaZulu-Natal, gevier. Creecy het aan Newzroom Afrika gesê die treine wat van Suid-Afrikaanse staal gemaak is, dui op vordering in gevorderde vervaardiging en werkskepping. Die minister het ook die nuwe Isipingo winkelsentrum in KwaZulu-Natal geopen,wat […]