# Atletiek: Wêreldatletiek het die gebruik van ‘n wangspeekseltoets goedgekeur om vas te stel of ‘n atleet ‘n biologiese vrou is. Die hoof van die internasionale atletiekfederasie, Sebastian Coe, sê die besluit deur die liggaam se besluitnemende raad, is baie belangrik om vrouekategorieë te beskerm. Coe het by ‘n mediakonferensie na afloop van die Wêreld-binnenshuise-kampioenskappe in Nanjing, China, gesê die besluit is geneem na uitgebreide gesprekke oor die voorstel.
Atletiek: Wangspeekseltoets sal gebruik word om vas te stel of ‘n atleet ‘n biologiese vrou is